U liefde
Laat my hart smelt
Dit gee my hoop
Dit vul my hart
Ek is so bly
U hart is sag
Ek is so bly
U hart is mooi
Vader dit gee my hart hoop
Dit sê ek kan nog nader
Aan U hart beweeg
U nog meer vertrou
Dit gee my hoop Vader
Dit gee my hart
Soveel hoop
U is voorwaar beeldskoon
Mooier as die lewe self
Dit is wie U vir my is
Skoon en so mooi
U laat my hart van vreugde, liefde en blydskap oorloop
Wie kan gee
Wat U kan gee Vader?
U is so skoon
U is so rein
Ek wil ook so hart hê
Ek wil hê U moet met blydskap
In my hart wil woon
Ek wil nie hê dat iets ons ooit moet skei
Vader-God vul my hart met meer van U
Gee my meer hoop
Gee my meer liefde
Vertroue wat saam met U deur warm vure sal loop
Ek wil U net nog meer vertrou
Van my hart na my mond
Wil ek aanhou bely
U o’ Vader God U is my God
Watter voorreg om U Pappa te kan noem
Watter voorreg om te weet U gee rerig so baie om
Ek wil U deel maak
Van elke stukkie in en rondom my
Ek wil in U geloof vind
Wat die berge voor my soos mis voor die son laat verdwyn
Ek wil voor U kniel
Altyd alle sonde bely
Voor U wil Ek ‘n oop boek wees Vader-God
Ek weet U kyk regdeur my
Tog wil ek hê
U moet dit moet my toestemming doen
Kyk Vader na alles van my
Ek wil nie hê
Dat daar ‘n enkele geheim
Tussen U en my moet wees
Dit maak my hart so hartseer
As ek sien daar is mense
Wat nie rerig glo
Dat U ewig is
Hulle maak kennis van woorde
Hul oorkussing
Min besef hulle
Hulle word daarmee aan die sus geslaap
Vader ek wil nie hê dat dit wat tussen ons is
Ooit leeg en doelloos moet wees
Ek wil hê dat U die Vlam sal wees
Wat vir ewig in my hart brand
Vader vat ons wysheid weg
Want dis domheid voor U Heer
Hoe langer en meer ek hierdie pad loop
Hoe meer besef ek dit gaan oor liefde Hemelse Pappa vir U daarbo
Wat help ons kennis Vader-God
As ons U nie onvoorwaardelik liefhet?
Elke dag besef ek net meer
Ek wil niks wêreldse wysheid in my hart en lewe hê
Ek soek Goddelike wysheid
Ek soek U wysheid
My kop kan oorloop van aardse slimheid
Maar besef ek Wie klop aan my hart se deur?
Sien ek is so moeg van aardse wysheid
Daar waar altyd soveel opinies hoogty vier
Daar is een waarheid
En dit sal jy in ons Vader se Woord vind
Liefste vriend een waarheid
Jesus Christus is Sy Naam
Ons Vader-God het Hom gestuur
Sodat ons en Hy weer verhouding kon bou
Onthou jy liewe kind
Daar was ‘n Tuin van Eden gewees
Adam en Eva het Ek gemaak
Sodat Ons en hulle waarlik vriende kon wees
Sonde het soveel samesyn en vriendskap tussen ons gebreek
Ek het hulle gevra om My te vertrou
Toe vat hulle die slang se woord
Bo-oor die van My
Sien jy liewe kind hoe julle tot vandag dieselfde doen?
Lewe deur My Woord lê Ek elke dag voor julle deur
Tog is daar nogsteeds so min
Wat die pad na die Ewige Lewe vind
Dis omdat julle
Net soos Adam en Eva
Liewe kinders
Nogsteeds nie wil hoor
My gebooie en leerstellings
Lê voor jou deur
Maak oop jou Woord
En jy sal vind dit lei nie na die Dood
My Weg is Waarheid sê Vader
My Woord is Lewe
Hou op om julle opinies en waarhede
Met My Woord te staaf
Nee liewe kinders dit werk nie so
Dit is agterste voor
Ek wil hê julle moet My toelaat
Om julle waarlik te leer
Ja sê Vader-God daar is baie dinge in My Woord
Waarin julle Ware Lewe sal vind
Tog hou julle aan
Om waarheid weg te wys
Liewe kinders Ek wil hê
Julle moet glo soos Ek glo
Ek wil hê julle moet dinge sien
Soos wat Ek dit sien
Ek wil hê julle
Moet my Gees vertrou
Ek wil hê julle moet weet
Ons sal vir julle die Woord oopbreek
My Woord bly in baie opsigte
Vir mense altyd ‘n donker raaisel
Dis omdat hulle My nie wil toelaat
Om My Ewige Lig – Yeshua – daaroor te skyn
My Seun Jesus het gekom
Vir jou om Lewe te vind
Soveel diepte, soveel rykdom in My hart
Asseblief moenie ooit My Seun uit die oog verloor
Julle kan wat glo sê Vader
Maar as dit nie My Seun insluit nie
Is dit nie van My
Ek wil hê julle moet dit weet
My Seun het nie gekom
Aan die Kruis van Golgota gely
Vir jou om van Hom te vergeet
Nee-a liewe kind Ek wil hê Hy moet altyd die middelpunt bly
Julle kan nie, julle mag Hom nie uit die oog verloor
Dis Hy wat verhouding tussen ons moontlik maak sê Vader
Het jy dit geweet
Of het jy dalk vergeet?
My Seun Jesus moet die middelpunt
Van julle samekomste wees
My Seun en My Gees
Die Een wat julle verder leer
Liefste kinders
Julle kan glo wat julle wil
Maar sê vir My
Weet jy waarvan Ek praat?
My Seun is nie 2000-jaar terug oorlede
Vir jou om nou van Hom te vergeet
Hy het nie toe aan die kruis gehang
Vir jou om nou deur reëls jou pad na My te probeer vind
Ek is Liefde sê Vader
Ek dit is wat Ek by jou soek
Jou liefde en aanvaarding van My
Soos wat Ek in My Woord van jou bly vra
Wat help reëls liewe kind
As dit nie met liefde te paard gaan?
Liefste kind Ek soek jou hart en lewe
Ek soek ‘n kind wat rerig wil hoor
Dit help nie julle hou reëls
Maar julle weet niks van My
Liefste kind bo alles
Wil Ek jou liefde hê
Ek soek harte wat aan die brand is vir My
Ek soek kinders wat nie sonder My in hulle lewens kan leef
Liefste kinders is dit te veel gevra
Dat jy dieselfde liefde het as wat Ek in My Woord vir jou het?
Liefste kinders asseblief
Ek soek verhouding
En nie net reëls en wette nie
Ek soek harte wat ten volle oorgegee is aan My
Liefste kinders julle kan watter wysheid hê
Maar as dit nie in julle harte is
Om My bo alles te loof en eer
Wat help dit liewe kind, wat help dit?
Julle kan hoe ‘perform’
Julle kan hoe reg optree
Maar weet jy liewe kind
Om rerig deur My Woord en Gees van My te hoor?
Alles is nie lankal terug verby nie
Alles is nie toe-al-nou
Alles het daar begin
Dis hoekom Ek en jy nou nog verhouding moet bly bou
Moenie vergeet van My nie sê die Heer
Ek is nie ‘way back when’ nie
Ek is hier-en-nou
Ek wil jou My volle waarheid leer en wys
Ek vra dat jy na die hele bybel begin kyk
Sê die Heer
Nie net die agterste gedeelte nie
Begin ook vorentoe blaai
Daarin sal julle soveel van julle geskiedenis vind
Daarin wil Ek julle soveel dinge wys
Baie van dit is nie verby nie liewe kind
Laat My toe om jou te leer
Liefste kinders, liefste kinders
Kom ons begin by harte wat totaal oorgee aan My
Kinders wat nie omgee om te weet hulle was verkeerd
Maar my God het deur Sy Woord en Gees my Sy manier geleer
Dis al wat dit is sê Vader
Dis al wat dit vat
Harte wat oop en eerlik voor My kom sit
Hulle opinies op sy sit en Myne opneem
Ek sal jou leer sê Vader
Jy hoef nie vir ‘n oomblik daaraan te twyfel
Wys net vir My dat jy rerig wil
Wys dat jy omgee om My – en nie andere – se wysheid aan te hoor
Baie pastore en predikante het dit reg
Daar is baie wysheid sê die Heer
Tog wil Ek hê liewe kind
Jy moet weet nie alles wat jy hoor en glo is van My
Ek wil hê jy moet kan onderskeid tref
Ek wil jou deur My Gees self leer en lei
Maar liefste kind al hoe dit kan gebeur
Is as Ek en jy begin om alleen verhouding te bou
Dit kan wees sê Vader
Ek wil jou leer
Self sê Vader
Glo My net en begin om alleen-tyd saam met My te spandeer
Jy weet nie alles nie liewe kind
Ek wil jou meer van My waarheid leer
Is jy bereid en sal jy begin
Deur jou hart vir My oop te maak?
Ek wil jou leer sê Vader
Ek wil jou leer
Soveel meer is daar nog om te kom vind
Jy kan nie nou opgee
Nee liewe kind kom verder
Gaan dieper
Soek, soek en jy sal vind
Dit beloof My Woord vir jul
Julle glo so baie kere My Woorde val net mooi op die oor
Dan bly die betekenis vir julle dol en leeg
Julle verloor die waarde daarvan
Want julle wil nie op elke woord vas bly staan
Liefste kinders wêreldse wysheid kan net soveel vermag
Ek wil hê julle moet verder gaan
Dieper soek
Nie alles lê en wag voor jou deur
Goeie dinge vat tyd sê julle altyd
So ook met My sê Vader
Offer ‘n bietjie van jou tyd
Offer ‘n bietjie van jou moeite
En jy sal vind liewe kind
Ek wag voor jou deur
Ek wil jou hand vat en saam met jou hierdie reis aanpak
Saam sal ons hierdie reis na die diepe rykdom in My hart voltooi.
Baie dankie dis pragtig
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!