2 Weë

Heilig, heilig sing die engele
Voor Sy Troon
Wie is nog so heilig vra hul
Daar is net niemand soos Hy

Volmondig wil ek met hul saamstem
Daar is niemand soos ons God
Hy is die Een wat ewig leef
Gister, vandag en altyd bly bestaan

Ek is so bly my God leef
Ek is so bly Hy is nie soos ander gode nie
In een sin kan mens nie eers na hulle verwys
Hy Is die EWIGE EK IS

Ek wil altyd en altyd
Sy Naam loof en eer
Altyd dankbaar wees
Hy het Sy Seun gegee vir jou en my

Ek wil hê Hy moet meer
As net ‘n mooi aanhangsel wees
Ek wil hê mense moet weet
Hy is my Begin, my Einde en alles tussen-in

Nooit wil ek vir Hom skaam wees nie
Want Hy was nie skaam vir my toe Hy aan daai kruishout hang
Ja ek was ook vir baie jare skaam om Hom met andere te deel
Sy Naam in sekere geselskap te noem

Tog het Hy my vergewe
My nader aan Hom bly trek
Die seer in my hart genees
My gevul met Sy Heilige Gees

Met die vrymoedigheid
Wat Sy liefde in my hart vir my gee
Wil ek aanhou getuig
Van die Een wat in my hart leef

Hoe kan ek stilbly
As Hy Sy alles gegee het vir my?
Hoe kan ek opweeg
Wanneer en of dit ‘n geleë tyd is om Hom met iemand te deel?

Liewe vriend Hy het Sy alles gegee
Vir jou en my
Hoe kan dit ‘n probleem bly
Om ook dieselfde op te offer vir Hom?

In Sy liefde vir ons
Is daar geen selfsug te vind
Dit is liefde wat aanhou gee
Liefde wat mense altyd nader nooi

Dit is wat Hy van ons vra liewe vriend
Dat ons waarlik vir Hom sal leef
Dat ons alles sal opoffer
Om Sy plan vir ons lewens te leef

Liewe vriend wil jy nie weet
Watter droom oor jou in ons Vader se hart leef?
Is jy nie al moeg vir net-bestaan?
Het jy nog nie genoeg voor die tv bly lê?

Daar is soveel meer aan die lewe sê Vader
As dit wat julle elke dag doen
Liewe kinders Ek wil hê julle moet
Kosbare en bruikbare instrumente in My arms van liefde wees

Liefste kinders kan Ek julle vertrou
Met die werk wat Ek op hierdie aarde wil doen?
Liewe kinders Ek wil My Gees uitstort
Oor jou en alle vlees

Liefste kinders asseblief
Kan julle jul begeertes net ‘n rukkie opsy sit
En kom kyk
Wat dit is wat jy vir My Koninkryk kan doen?

Liewe kinders dit begin met vrede in die huis
Harte wat nie altyd wil baklei
Mense wat bereid is om die minste te wees
Kinders wat bereid is om My leiding te volg

Liewe kinders rerig
Raak julle nie al moeg vir die konstante baklei?
Families wat aanhou uitmekaar val
En nooit weer hul weg na mekaar wil vind

Nee liewe kinders dit is nie hoe Ek wil hê dit moet wees
Konstante baklei is nie van My
Ook nie jy wat alewig groot-praat
Liewe kinders Ek wil hê julle moet weet voor My is almal ewe gelyk

Geen mens is beter as ‘n ander nie sê Vader
Ja ek weet partykeer vat omgee vir mense baie ‘werk’
Tog wil Ek hê liewe kind jy moet die liefde wat Ek aan jou gee
Vir hulle uitdeel

Moenie op jouself bly fokus nie sê Vader
Kyk bietjie verder
Sien My hart wat omgee
Sien My hart wat wil hê hulle moet ook weet Ek gee waarlik om vir hul

Ek wil hê julle moet mense sien
Soos wat Ek hulle sien sê Vader
Liewe kinders elke mens het struikelblokke waaroor hy moet oor
Daarom wil Ek vra bewys asseblief My genade aan hul

Ja sê Vader Ek weet dit is partykeer moeilik
Ek weet dit vra baie
Maar liefste kinders dit kan Ek gebruik
Om ook julle gees en karakter te laat groei

Wil jy nie hê Ek moet dit doen nie vra Vader
Wil jy nie hê Ek moet ook jou binneste mooier maak?
Liefste kind asseblief laat My toe
Om die persoon van omgee in jou hart te wees

Ek gee so baie om sê Vader
Vir mense wat seer het
Vir mense wat My nodig het
Sal jy My toelaat om dit deur jou vir hulle te wys?

Liefste kinders asseblief Ek wil
Ek wil dat wanneer mense jou sien
Hulle vir My sal sien wat in jou hart leef
Sal jy liewe kind, sal jy My toelaat?

Ek het julle lief met ‘n ewige liefde sê Vader
‘n Liefde wat nie kan wankel nie
Al probeer die duiwel julle die heeltyd
Met leuens van die pad afbring

Liefste kinders My liefde is konstant
Dit verander nie sê Vader
Dit is nie soos julle liefde nie sê Vader
Vandag vuurwarm, môre yskoud

Ek wil vra dat jy sal toelaat
Dat jou liefde vir My groei
Dat jy My sal liefhê soos wat Ek jou liefhet
Dat jy sal omgee soos wat Ek omgee

Liefste kind Ek sal jou beslis help
Dit kan jy maar weet
Daarop staatmaak
Vra net en jy sal sien

Ek is ‘n Staatmaker-God sê Vader
Jy kan met jou alles op My staatmaak
Ek sal jou nooit verloën nie
Jou sommer net iewers in die middel los nie

Ek is hier om hierdie pad ten volle
Tot die einde saam met jou te loop
Met jou alles liewe kind
Kan jy op My vertrou

Al wat Ek vra sê Vader
Is dat jy toegewyd bly net soos Ek
Om hierdie pad saam met My te voltooi
Kan Ek ook liewe kind op jou staatmaak?

Sien dit is waar so baie van My kinders vou
Daar waar hulle moet vashou
Daar waar ook hulle nie moet moed opgee
Daar waar hulle met alles moet voortbeur

Liewe kind Ek wil hê jy moet weet
My genade sal Ek aan jou gee
My genade is meer as genoeg en dit is al wat jy nodig het
In My hart van liefde daar sal jy jouself verseker vind

Liefste kind Ek gee meer om
As wat jy ooit kan besef
Tel die sandkorrels van die aarde
En dan het jy dalk ‘n idee

Liewe kinders sien julle
Sien julle hoe daar in soveel omgee
Nooit enige rede is om ooit te vrees
Sien julle?

Liewe kinders hoekom, hoekom
Wil julle nie na My toe kom nie
Hoekom hou julle aan glo
Dat Ek soos ‘n monster in een of ander riller-fliek is?

Liefste kinders dit is nie Ek nie
Dit is nie wie Ek is nie
My hart is omgee
My hart is om My arms om elkeen te vou wat bereid is om te kom

Hoekom is dit so moeilik om te glo
Ek is goed?
Hoekom is dit so moeilik om te glo
Ek gee om?

Kinders Ek is nie soos al die ander mense om julle
In wie julle altyd julle vertroue plaas nie
Ek is Vader-God
Ek is VOLMAAK in al My weë

My hart vir nie een van My kinders
Is seerkry nie sê Vader
Hoe wens Ek nie een mens op hierdie aarde
Het dit ooit geglo

Dis omdat die verval van die wêreld
Die skuld van sonde op My neergekom het sê Vader
Op My die Een wat nie eers ooit
Vir die slang ‘n oop deur gee

Ek word blameer vir al jul oop deure sê Vader
Die nagevolge van sonde aan jou hartsdeur
Word altyd My probleem
Liefste kinders hoe kan dit dan wees?

Liewe kinders Ek het nie van julle afgedwaal nie
Dis andersom
Julle het van My af weggedwaal
Ek is nogsteeds waar Ek altyd was

By omgee vir hierdie wêreld
By verhouding met julle bou
Dit is liewe kinders
Waar Ek nog altyd is

Wanneer gaan julle dit glo?
Julle glo al die sleg van My
Want dit is wat in hierdie wêreld is
Besef jy liewe kind dat Ek nie die oorsaak is?

As Ek die oorsaak is
Waarvoor is die duiwel dan hier?
Dis hy wat julle belieg, bedrieg
Presies soos wat hy gedoen het toe Adam en Eva voor hom staan

Liefste kinders julle moet ophou
Om ons albei aan dieselfde kant te skaar
Een van ons is goed
Een van ons is sleg

Ons is opponente sê Vader
Konstant in ‘n geveg
Lewe of dood
‘n Stryd om elke siel

Hoe wens Ek, Ek het nooit
‘n Stryd om een siel verloor!
Hoe wens Ek daar was
Nie nou een siel in die ewige verderf

Liefste kinders hel is nie van My nie
Dit is nie My hart om een mens daarnatoe te stuur
Die hel is gemaak vir die duiwel en sy trawante
Hoe wens ek nie een mens het ooit sy woorde van verleiding geglo

Met mooi woorde en slinkse wyshede het hy julle ‘n rat voor die oë gedraai
Hy wys vir julle die pad na die verderf aan
Liefste kinders asseblief hou op om hom te glo
Sy raad en weg lei na die dood!

Sien julle die twee weë liewe kinders
Sien julle hoe verbete Ek veg om julle van sy weg af te kry!
Hy weet sy weg lei na ewige dood
Al wat hy nou kan probeer is om seker te maak jy kies ook sy weg!

Liefste kinders asseblief klim af van sy weg
Weier om verder daarop te loop!
My weg is LEWE sê Vader
Sy weg EWIGE DOOD

My weg lei na die Hemel
Syne na die Ewige Dood
Liefste kinders asseblief klim af
Ek wil nie hê dat een mens daarnatoe moet gaan

As Ek wou sou Ek mos nooit My Seun Jesus Christus stuur
Dit sou onnodig wees!
Ek het geweet liewe kind
Ek moet ‘n plan beraam!

Ek moes ‘n ander weg maak
‘n Weg waarnatoe mense kon ontsnap
‘n Weg waarop daar weer HOOP sou wees
‘n Weg waarop die wat wou kon kom loop

Liefste kinders sien julle hoe julle keuses
Julle die ewige verderf kan laat misloop?
Jy kan kies liewe kind
Jy kan vandag die lewe kies!

Asseblief liewe kind hoekom hou jy aan
Om op die weg van Satan te loop?
Liewe kinders sy hart is SWART
Hy wil hê jy moet alles wat sleg is van My glo

Liefste kinders asseblief hoor My woorde
Nie Ek en hy is sleg nie
Een is SLEG
Een is GOED

Ek wil hê liefste kind dat jy My
Vir ‘n slag bo-oor hom sal glo
Ek wil hê dat jy sy leuens sal sien vir wat dit is
Dit is net daar om ons twee verder van mekaar te verwyder

Liefste kinders hoekom sal enige iemand
Die dood bo die lewe verkies?
Ek verstaan dit nie sê Vader
Ek verstaan dit nie

Sal jy asseblief kom liewe kind?
Sal jy asseblief ophou om sy leuens te glo?
Ek is GOED
Hy is SLEG

Weet dit liewe kind
Weet dit altyd
Ek het nie gekom vir jou om ewig te ly
Ek het nie gekom vir jou om My aanbod van liefde weg te wys

Liefste kind asseblief kom
Sien jy My warm liefde
Dit skyn soos ‘n helder reënboog in die son
Verwelkom jou in liewe kind, hoop so jy wil kom

Liefde liewe kind
Dit is WIE EK IS
Dit is WAT EK VIR JOU VOEL
Liefde soos wat jy nie ken of ooit sal ken nie

Maar dis liefde opreg
Dis liefde skoon
Liefde so rein
Net soos wat Ek is

Sal jy kom liewe kind
Sal jy ook jou arms om My vou
Sal jy toelaat dat Ek jou kop sagkens teen My skouers vasdruk
Vir jou vertel Liewe kind Ek het jou ongelooflik baie gemis

Sien liefste kind dis waarna Ek verlang
Vir ons twee om net weer een te wees
Vir ons twee om veraltyd saam te wees
Vir ons twee om vrede, geluk en liefde te geniet

Ek verlang sê Vader
Dit is waarna Ek verlang
Na samesyn en vriendskap
Soos dit was voor Satan die slang ‘n stokkie daarvoor kon steek

Sal jy saam My terugkeer liewe kind
Na hoe dit was
In die Tuin van Eden
Toe als perfek was

Hierdie keer sal Ek jou dra
Hierdie keer sal Ek jou oppas
Want die keer sê Vader
Sal jy bly glo My hart bly altyd mooi

My hart is mooi sê Vader
Altyd-altyd bly hy mooi
Glo dit en hou daaraan vas
Liewe kind

Dit sal jou dra sê Vader
Deur elke storm van die lewe
Elke golf wat jou boot wil omgooi
My hart bly jou behoud

Ja, Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

0 thoughts on “2 Weë”

Leave a comment