Fontein van Vreugde

Ek weet van die stukkend-wees in jou hart
Daarvoor het Ek gekom sê die Heer
Om jou ‘n nuwe hart te gee
Jou hart, gees en siel gesond te maak

Moet asseblief nie sê Ek gee nie om nie
Moet nooit so dink nie
Elke tree wat jy al gestap het, die van seer
Het Ek saam met jou gegee

Ek verstaan want Ek was daar sê die Heer
Toe die houe klap was Ek daar
Ek is nie vêr van pyn en lyding nie
Ek is baie naby daaraan sê die Here

Liewe kind sal jy asseblief kom
En glo dat Ek jou wil genees?
Sal jy kom en glo
Ek gee rerig, rerig om?

So, so baie sê die Heer
Meer as wat jy kan verstaan
Ek was altyd daar
Sê die Heer

Met die treë van seer wat jy gestap het
Ook op die lewenspad wat voor jou lê sal Ek wees
Altyd, altyd
Daarop kan jy staan

Liewe kind Ek sal aan jou nuwe lewe gee
Ek sal jou alles gee wat is van My
Die vreugde in jou hart en lewe sal Ek herstel
Jou weer laat glo in die mooi van die lewe

Sodat jy dit net soos ‘n pure kind kan ervaar
Daarom liewe kind kom en glo net
Jou toekoms-spore lê bestraal met wat net Ek
In My groot genade en liefde kan gee

‘n Fontein van vreugde
Wil Ek toelaat om in jou hart te ontspring
Sodat jy altyd sal weet
Ek is die Enigste EEN wat Ware Lewe gee

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment