Die Groter Prentjie

Ons is baie klein
U o God is baie groot
Tog wil U deur ons werk
Vader hoe kan dit wees?

Hoe kan U ons deel maak
Van U wonderlike handewerk so groot?
U verwag nie ons eie slimheid
U verwag net dat ons saam met U werk

Sien U het alklaar ‘n plan
Groter en beter as wat ons ooit kan droom of verstaan
Hoe dankbaar is ek daarvoor
Ons albei bou aan U huis

U Koninkryk word op hierdie aarde gebou
Deur U kinders wil U die wêreld bereik
U het ‘n plan, Al wat U vra is
‘My kind kom leer van My’

Laat jou planne Myne word vra Vader
Deur jou wil Ek wys
Hoe hierdie wêreld moet lyk
Hoe Ek wil hê dinge moet gebeur

Ek het ‘n plan sê die Here
Ek het altyd ‘n plan
Om die vyand uit te oorlê
Om My Koninkryk te bly bou

Sien liewe kinders die lewe gaan nie
Oor julle en julle gemak nie
Dit gaan oor My, My Wil
En dit wat Ek wil hê ons moet saam bereik

Kom na My vra Vader
Laat My weë joune word
Laat Ek jou wys, laat Ek jou leer
Wat Ek wil hê moet plaasvind

Alles is alreeds
Alles gaan gebeur
Liewe kind kom en vra
Laat toe dat Ek jou wys

Vader wys my
Wys my asseblief
Hoe, wat en waar?
Ek wil nog meer vir U koninkryk doen

Gebruik my hart
Gebruik my lewe
My denke en verstand
My hande en voete ook o Heer

Alles vir U eer Vader
Alles vir U Koninkryk
Maak my woorde mooi
My hart nog mooier Heer

Ek loof en prys U Naam
Dankie Vader-God vir alles
U engele wat my bewaar
U hand wat oor my is

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment