Groot God

U is die Groot Koning
En ons sê dankie daarvoor
Dankie Abba-Vader dat U almagtig is
Dat daar niks is wat U nie kan doen

Dankie dat U die Groot God is
Van Hemel en Aarde
Dat U alles gemaak het
Dat daar niks is wat U nie kan doen

U is die Skepper-God
U hou alles in U hand
Wat ‘n voorreg om U Vader te mag noem
Om te weet dat daar niks is wat U nie kan doen

Watter voorreg is dit Abba
Om te weet U hou alles in stand
Watter voorreg om te weet
Dat daar niks is wat U nie kan doen

Abba-Vader ons wil meer van U
In ons lewens hê
U wat die Anker en Lewe is
Van alles wat bestaan

Dankie dat U die groot God is
Van hemel en aarde
God Almagtig
Altyd in volle beheer

Ons wil meer weet
Van wie U is
Grote Koning ons weet
U is altyd naby

Dankie dat ons
U liefde vir ‘n gebroke wêreld kan wees
Dankie dat ons
U omgee en liefde kan uitdeel

Daar is soveel mense
Wat dit nodig het Abba-God
Dankie liefste Koning
Vir die groot voorreg

Ons wil U
In ons harte en lewens innooi
Ons wil aanhou glo
Dat U in volle beheer is

Maak asseblief ons oë oop
Abba Vader
Dat ons waarlik sal sien
Daar is niemand wat soos U is

U is Lewe
U is Lig
U is alles wat mooi is
U is die Een wat ons in alles wil vind

Alles wat mooi en goed is
In hierdie wêreld
Dit het U vir ons gegee
Om ons harte te verbly

Dankie my liefste Koning
En God
Dat U mooi is
Dat U hart mooi is

U is so mooi vir ons Vader
U is beeldskoon
Beeldskoon
En ons wil so graag meer van U hê

Meer van U weë
Meer van U in my
Dit is my grootste hartsbegeerte
Omdat ek weet dat ek alreeds ten volle vergeef en aanvaar is

Dankie Jesus Christus
Yeshua vir U bloed
Dankie dat deur U offer
Die pad vir ewig gebaan is

Watter voorreg en blydskap
Was dit om U te vind
Watter voorreg en blydskap
Is dit om nou-nog aan U vas te hou

Dankie liefste Pappa-God
Dit is U wat hierdie lewe soveel sin gee
Dit is U
Dit is U alleen

Soveel dinge in hierdie lewe
Sou niks lekker sonder U wees
Inteendeel
Nie een ding

U is alles wat goed en mooi is
Hoe graag wil U nie hê
Dat ons
Dieselfde pad moet loop

U wil so graag hê
Ons moet lief wees vir alles
Waarvoor U lief is
U het beloof dat U by ons sal wees

Dis U wat ons die krag gee
Om U wil te doen
As ons net bereid is om te vra
En ons eie wil neer te lê

Dankie liefste Koning
Abba-God
Vir U liefde vir ons
Dit is groot en dit is baie mooi

Genoeg van U
Sal ons nooit kan kry
Daar is net altyd beter
Daar is net altyd mooier

Mooier en mooier
Meer en meer
Dit is wat U vir ons
U elke kind wil gee

Abba-God maak ons oë asseblief oop
Vir al die geskenke in ons lewe
Dat ons sal sien
Hoe baie bevoorreg ons is

Daar is soveel mense daarbuite
Wat soveel minder as ons het
Watter voorreg is dit Abba
Watter voorreg is dit om te hê wat ons het

Dankie Abba-God
Dat U
Ons liefhet
Met ‘n Ewige Liefde

Dat niks ooit
Daarmee kan vergelyk
Dankie liefste Pappa-God
Dankie vir wie U is

U is so mooi
U is beeldskoon
Help ons asseblief Abba
Om U te eer in wat ons doen en sê

Partykeer is dit moeilik
Om ons wil neer te lê
Dikwels wil ons dit nie doen
Asseblief help ons om dit neer te lê

Help ons om te sien
Dat U soveel meer en mooier
Vir ons in stoor hou
Help ons om dit waarlik te glo

Help ons asseblief
Om ons oë op U te bly hou
Om te weet U is altyd daar
En U gaan ons nooit verby

Abba ek seën dan elke persoon
Wat hierdie woorde lees
Mag hulle weet dis U
Wat hulle bemin

Ek seën hulle
Met Waarheid en Lig
Ek seën hulle
Met oorgawe aan U

Mag hulle
Van vandag af weet
Dat hulle aan U
Meer en meer kan oorgee

Mag hulle weet Abba
Dat U die onmoontlike kan doen
Mag hulle weet dat daar niks is
Wat U en geloof in U nie tot stand kan bring

Ek spreek dan lewe
Oor hulle gees Abba
Mag hulle elkeen weet
Dat U die ware lig is

Dankie Abba-God
Vir U liefde aan ons
Dankie Abba-God
Dat U in volle beheer is

Nederig en met vrymoedigheid
Wil ons voor U Troon kom
Dankie Abba-God dat U, U Seun gegee het vir ons
Dankie dat ons U kinders is

Want in ons harte en lewens
Is dit wat ons glo
In ons harte en lewens
Weet ons is U die Een wat regeer

Dankie Abba-God
Vir U liefde aan ons
Dit is ons Lewe
Dit is wat ons in stand hou

Deur die storms van die lewe
Sal ons bly glo
U is altyd daar
En U gee NOOIT op, op ons

Dankie dat U in volle beheer is
Dankie dat U by ons is
Dankie dat U omgee meer as wat ons ooit kan glo
U is die Een wat WARE LEWE vir ons is

Dankie Abba-God
Liefste God
Vir wie U is
Altyd-altyd ten volle in beheer

Niks vang U ooit onkant nie
U weet van alles nog voor dit ooit gebeur
Dankie Abba-Pappa-God vir wie U is
Altyd-altyd ten volle in beheer

Halleluja, Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

0 thoughts on “Groot God”

Leave a comment