Koning, Heer & Meer

Hoe breek dit my hart
As ek sien en ervaar
Dat daar mense is
Wat my Koning nie soos ek ken

Liewe mense
Liewe aarde
Al wat ek vir julle wil vertel is dit
Liewe wêreld daar is meer

Daar is soveel mooi dieptes
In ons Koning se hart
Ek wens ek kon dit vir julle glo
Ek wens ek kon julle help om te sien

Ons Koning is so mooi
Hy besit my hele hart
Ek wens ek kon dit oorvertel
Die liefde in Sy hart

Ek wens ek kon jou help
Om te sien
Hy is nie vêr
Hy is eintlik so baie naby

Ek wens ek kon jou help
Om te glo
Jou aardse pappa
Kom nie naby die Een daarbo

Liefste Koning
U is so mooi
En dit is waarvan ek altyd wil vertel
U liefde is so baie groot

So baie dinge op aarde
Geniet altyd voorkeur bo U
Liefste Koning dit is tyd dat dit stop
U verdien dit oor en oor

Hoekom Vader loop ons
Met soveel perspektief
Vir vandag en môre
Dat ons die ewigheid verloor?

Hoekom vergeet ons
Dat daar ‘n Koning is
Wat van alles weet en so graag wil hê
Ons moet U dien?

Want Vader die lewe
Is so ‘n nuttelose bestaan sonder U
Ek wens ek kon mense help om rerig te sien
Julle daar is  s o v e e l  meer

Hou op om te stop by die kruis julle
Gaan verder
Gaan dieper
Soek Pappa-God se hart

Ja die kruis moet altyd sentraal en ons anker bly
Dis wat vir ons hoop en genade gee
Maar liefste kind Ek nooi jou nader
Kom spoor na Abba se hart

Weet julle liewe wêreld
Waar het Ek julle verloor
Daar waar julle opgee om van My te hoor
En julle eie weë volg

Ek roep julle terug sê Abba-God
Terug tot in My hart
Ek wens julle kon sien
Die Hoop wat in My lê

Hoe wens Ek dat julle sal kom soek
Want meer sal julle vind
Nie kop-kennis nie
Maar alles in My hart

Liefste kinders
Ek roep julle nader
Ek nooi julle tot in My
– Abba – se hart

Lieflik en mooi
Is alles in U hart
U is nie dood
U is so baie groot

As ons sou nader kom
Sou ons U vind
Niks mooier is daar Abba
Om U hartklop te hoor

Want in sync met U
Wil ek altyd wees
Altyd wil ek hê my weë moet buig
Want daar is net niemand soos U

Abba ek wens ek kon
Mense help om te sien
U is so so waardig
U is die laaste een wat ‘n nee verdien

Om naby U te wees
Is om altyd ja te sê
Ja te sê vir U manier
Want Pappa ek wil altyd naby U wees

Daar is geen mooier mooi
As U – die Lieflike Een in my hart
Abba dit maak net seer
Want ek wens ander het dit ook geweet

Soveel kinders van Abba
Wat hierdie wêreld bewandel
Hulle mis My
Hulle het nie ‘n idee

Dis omdat ons nog met twee bene oor een lyn loop
Ons wil in die hemel en wêreld staan
Half-pad hier, half-pad daar
Ons gaan nooit deur

Dis die ding nê
Ons gaan nooit deur
Ons hou aan nee sê
Vir God se mooiste manier

Julle ons Koning is Lig
Hy is so wonderlik
Hy is soveel meer as tradisie
Hy is soveel meer as waaraan ons vashou

Hy is my beste vriend
As hierdie wêreld en sy manier druk
En ek dink daar is geen ander manier
Is Hy die een wat vir my nuwe lewe gee

Sy manier is soveel beter
Liewe wêreld
Sy manier is rerig
Die beste manier

Van my hart met Hom deel
Tot my alles vir Hom oopmaak
Dit bly die grootste plesier
Ek wil dit aanhou doen

Daar is net niemand
Soos ons Koning-Heer
Hy is die beste Pappa-God
Hy is alles en nog soveel meer

Daarom gee ek Hom my alles
Daarom wil ek Hom met oorgawe dien
Hy is die Lewe, Hy is Lag
Hy is alles wat ons harte verdien om te gee

Julle Hy is meer
Hy is soveel meer as ‘n God
Wie se Naam ons net nou en dan noem
Hy is alles-alles en soveel meer

Mag ook julle dit sien liefste wêreld
Mag ook julle dit vind
Ons Koning is Heer
Hy is Oorvloed self

Begin Sy Naam aanroep, begin Hom in erns soek
In verhouding en nie net aardse realiteit
Hy is Koning, Heer en meer
So liewe vriend, so sal jy Hom vind.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

0 thoughts on “Koning, Heer & Meer”

Leave a comment