Lankal reeds

Kom na My
Kom na My asseblief
Almal wat gebroke en stukkend is
Almal met seer in hulle hart

Sal julle My asseblief begin glo
Sal julle asseblief begin weet
Dat Ek God is
Altyd in beheer

Liefste kinders van My hart
Nooit hoef julle daaraan te twyfel
Of daaroor te wonder
Ek is altyd by julle

Meer as al die sandkorrels
Op die aarde
Kind dit is hoe baie Ek omgee
Weet julle dit?

Ja sê Abba-God
Asseblief
Hou op wonder of jy goed genoeg is
Begin dit weet, als in My Seun

Kind van Abba-God
Dit is jou naam
Weet dit asseblief vandag kind
Ek is by jou, amen

Van die begin reeds en dit staan nogsteeds
Jy is Myne kind, seun, dogter
Duur gekoop deur My Seun aan die kruis van Golgota
Jy behoort aan My, lankal reeds

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment