Bring jou pyn, kommer en laste
Na die kruis van Golgota
Laat dit daar
Gee als vir Hom
Kinders van die wêreld
Kinders van My
Kan julle verstaan
Dat Ek julle liefhet
Meer as wat julle ooit
Sal kan weet
Dit is hoe baie Ek omgee
Vir jou en elkeen
Kinders van die wêreld
Kinders van My
Ek wil julle vra om nader te staan
Asseblief nader aan My
Kinders asseblief
Word wys
Kom na My
Leer van My
Kinders Ek weet
Dat julle dikwels nie verstaan
Hoekom dinge op planeet aarde gebeur
Kinders Ek wil julle wys
Kinders Ek is nie
Die Outeur van Pyn nie
Ek skryf nie stories deur julle lewens
Wat julle harte mismoedig maak
Kinders van die wêreld
Kinders van My
Dis nie wie Ek is
Dis nie wat Ek doen
Kinders Ek wil hê en vra
Dat julle dit heel eerste sal weet
Kinders Ek weet waardeur julle gaan
Ek onthou die pyn van Golgota
Die wêreld het altyd ‘n manier
Om julle vreugde te steel
Dit is wat sy doen
Sy weet net hoe
Kinders van die wêreld
Kinders van My
Julle moet die wêreld en haar dinge
Nie soveel plek in julle harte en lewens gee
Haar doel is altyd om te steel
My liefste kinders
Om te slag, om te verwoes
Sê My kan julle sien
Kan julle sien
Kan julle verstaan
Dat Ek heel eerste nie
Die Outeur van al die pyn rondom julle is
My liefste kinders
Kinders van die wêreld en My
My hart is nooit om te steel nie
Dis nooit om te slag, te verwoes of pyn te besorg nie
Kinders asseblief weet dit
Ek is Lewe
Ek is Lig
Ek is Hoop
Wanneer julle sien
Dat enige iets goeds in die lewe gebeur
Wil Ek hê julle moet weet
Dit is Ek
Kinders van My
Kinders van die wêreld
Ek is altyd besig om stories van hoop
Deur mense se lewens te skryf
Kinders kan julle dit sien
Kan julle heel eerste verstaan
Ek is ‘n God wat verstaan
Die pyn waardeur julle dikwels gaan
Ja die wêreld
Mag julle dalk dikwels seer slaan
Maar julle moet weet dat Ek altyd daar is
Om julle nooit ooit te verlaat
Kinders Ek verstaan
Waardeur julle gaan
Julle pyn, julle misnoë
Dit wat julle dikwels moet deurgaan
Kinders al is daar nie altyd
Maklike antwoorde nie
Wil Ek hê julle moet weet
Julle kan My hart vertrou
My hart is altyd
Om op te bou My liefste kinders
Wanneer julle so iets in die wêreld sien gebeur
Moet julle weet dit is Ek
Hou asseblief op om al die negatiwiteit
Van hierdie wêreld se skuld
Op My te pak
Kinders dis nie Ek
Dis nie Ek wat julle seermaak nie
Dis sy, die hoer van hierdie wêreld
Kan julle nie verstaan
Dat sy julle haat
Sy haat julle met ‘n passie
My liefste kinders
En haar enigste doelwit
Is om julle saam met haar te sink
My liefste kinders
Sy gaan val
Luister vir My
Ek wil hê julle moet dit weet
Kinders van Abba-God
Kinders van My
Luister asseblief as Ek vra
Draai terug na My
Kinders van die wêreld
Julle wat haar so liefhet
Sy gaan val
Julle saam met haar
Liefste kinders
Ek wil nie hê dat dit so moet wees
Dit is hoekom Ek vra
Dit is hoekom Ek julle probeer red
Kinders van die wêreld
Kinders van My
Ek weet wat kom
En Ek wil nie hê dat jy saam met haar moet val
Liefste kinders asseblief
Luister vir My
Vryheid wil Ek aan jou gee
Vryheid om My met als in jou te dien
Kinders van My
Kinders van die wêreld
Ek wil hê julle moet weet
Ek is soveel mooier as aan julle voorgehou
Kinders soveel mooier
Ek is als wat mooi is in die wêreld
En soveel meer
Soveel meer
Begin My dan asseblief soek
In die mooi van hierdie wêreld
Begin My asseblief
Raaksien
Ek is mooi vanself
My liefste kinders
Ek kan Myself nie keer
Dit is wie Ek is
Pure Skoonheid
Kinders van die wêreld
Kinders van Abba-God
Dit is Ek, dit is Ek
Aangename kennis
Liewe vriende
Liewe wêreld
Kan ons nader kennis maak
Ek wil julle
‘n Bietjie meer vertel
Van wat hier
In My binneste aangaan
Kinders van God
Kinders van die wêreld
Het julle geweet dat daar niemand
Nie ‘n enkele een soos Ek is
Kinders skoner as 10 000
Lelie van die veld
Bo My is geen ander
Niemand is soos Ek
Onvergelykbaar
Groot en wonderlik
Onverstaanbaar
In heelwat van My weë
Liefste kinders van Abba-God
Julle hoef nie altyd te verstaan
My weë is hoër as julle s’n
Weet net julle kan My vertrou
Om julle weë gelyk te maak
Om aan julle nuwe hoop en visie te gee
Kinders daar is niemand soos Ek
Nie ‘n enkele een
Kinders kom asseblief dieper
Kom kruip weg hier in My hart
Kom ontdek wie Ek is
Weet dat Ek jou baie liefhet
Jy hoef nooit terug te hou
As dit by My en My Koninkryk kom
Liefste kinders van Abba-God
Liefste kinders van die wêreld
Kom klim dieper in My hart
Kom ontdek waarvan is jy
Nog al die jare weggehou
Kinders dit is diep, dit is mooi
My grootste begeerte
Is seker dit
Dat mense hulle harte
In volle oorgawe aan My sal gee
Kinders asseblief
Julle moet nooit terughou nie
Julle moet weet
Dat Ek nooit op julle uithou
Kom asseblief
Kom nader aan My hart
Kom vind uit
Wie Ek rerig is
Moenie so verkeerd glo oor My nie
Sê Abba
Kinders asseblief
Nee
Soek sê Abba-Vader
Soek
Soek meer
Soek totdat julle My volheid vind
Kinders julle moet nooit ophou soek nie
Julle moet nooit ophou
Smag na meer nie
En dit is waar soveel verkeerd gaan
Soveel van My kinders
Wat stop by die kruis
Wat stop by bekering
Kinders nou moet julle My hart naspoor
Nou moet julle kom ontdek
Wie Ek rerig is
Kinders asseblief
Kom dieper saam met My
Kinders vra vir dieper
Vra vir meer
Laat My toe om nog meer vir jou oop te breek
Met die mooi waarheid van wie Ek is
Tyd saam met My spandeer
Liefste kinders
Dit moet vir julle die hoogste prioriteit bly
Weet dit asseblief
Kinders tyd saam met My
Dit is ‘n noodsaaklikheid
As jy verhouding met My
Wil bly bou
Julle kan nie dat tyd
Saam met My
Agterweë bly
Nee kinders asseblief
Dit is die hoogste prioriteit
Ek en jy alleen
Waar ons voor mekaar
Oopbreek
Kinders asseblief
Moenie ooit bang wees
Om die diepste jy
Voor My te ontbloot
Wys My wie jy rerig is
Laat My toe om vir jou te wys wie Ek rerig is
Kinders Ek wil hê julle moet verstaan
Alles gaan oor verhouding-bou met My
Kinders Ek is lief vir julle
En Ek smag na verhouding
Intimiteit met jou
Hart-tot-hart gemeenskap sê Vader
Kinders kan julle dit verstaan
Asseblief sal julle nie meer bang wees daarvoor
Sal julle kom
Vir dieper en meer kom vra
Amen.