Alle eer aan U
Lieflike God
Hoe sal ons ooit
Genoeg dankie kan sê
Dankie vir wie U is
Abba-God
Dankie dat U rerig
Oor ons omgee
Abba-God dis iets
Wat die wêreld glad nie glo
Hulle kan nie sien hoe U elke dag
‘n Nuwe môre aan ons gee
Vader hulle dink
Hulle haal sommer asem
Want dis hoe dit moet wees
Tog is dit U wat elke asemteug aan ons skenk
Abba-Vader mag elke blinde hart
In hierdie wêreld
Tot die besef kom dat U
Die Een is wat alles in stand hou
Help ons asseblief daarmee
Help ons om te glo
Om te weet
Dat U die Ware Anker van ons lewe is
Vader sonder U kan
En wil ons niks van waarde doen
U is die Een wat in ons glo
Ons altyd van binne af genees
Vader vul ons harte asseblief
Met meer geloof in U
Geloof wat nie kan ophou om in U te glo
Al sê die wêreld ook hoeveel keer nee
Vader U is die Ware Rots
Van hierdie lewe
Ons bemin U hart
Ons wil dit vir U sê
Saam met U Abba Vader
Sal ons altyd veilig wees
Ons weet dit Abba-God
Dat U mooi na U kinders kyk
Vul ons harte Abba
Vul dit met alles van U
U is wonderlik-goed
U is al een wat ons nodig het
Amen.