Die mooiste juwele
Is in My hart te vind
Ek wil hê julle moet
Hulle kom naspoor
Kom My liefste kinders
Kom asseblief
Kom spoor na
Die mooiste dieptes in My hart
Liefste kinders
Daar is soveel meer
Soveel meer as waaraan julle vasklou
Wil jy nie meer weet
Wil julle nie kom uitvind
Wie Ek rerig is
In al My glorie
In al My waarheid
Liefste kinders
Ek vra julle om julle harte te begin oopmaak
Vir My
Vir die waarheid van wie Ek is
Dis dieper My kinders
Dieper as waar julle ophou met soek
Asseblief My kinders
Kom dieper
Kom soek na My waarheid
Kom soek na My diepte
Kom soek asseblief
Na al die mooi in My hart
Kinders begin
Begin asseblief
Vandag en meer
Sal jy ja sê
Die begin en einde
Van als in die lewe is Ek
Maak asseblief jou hart oop
Sal jy My waarlik innooi
Kinders
Julle moenie bang wees
Om julle harte oop te maak
My dieper te vertrou
Ek weet waarmee Ek besig is
Sê Abba
Dis altyd om julle meer van My te leer
Dis altyd om julle meer te gee
Kinders asseblief
Kom spoor na My hart
Die dieptes is mooi
Hulle wag vir julle om hulle te kom vind
My hart smag
Sê Abba Vader
Na kinders wat bereid is
Om te begin ja sê
Kinders wat My hart
Wil naspoor en vind
Soos wat Ek die van julle
Naspoor en vind
Liefste kinders asseblief
Sal julle begin ja sê
Vir hartsgemeenskap en intimiteit met My
Dit is waar alles lê
Begin jou hart oopbreek
Voor My troon
Begin My asseblief vertel
Wat daarbinne lê
Liefste kinders
Ek wag vir julle om ja te sê
Dieper en meer
Sal julle asseblief ja sê
My liefste kinders asseblief
Begin ja sê
Begin oorgee
Begin My hart vertrou soos jy nog nooit het
Het julle geweet My liefste kinders
Dat Ek julle liefhet
Dat Ek diep omgee
Julle hoef nie My hart te vrees
Hy is alles wat mooi is
My liefste kinders
Julle kan My gerus glo
Die mooiste mooi
My Vader sê
Kinders kom asseblief
Kom asseblief
Net soos wat julle is
Lank genoeg sê Abba Vader
Dat julle bly wegskarrel
Julle het nie ‘n idee wie Ek waarlik is
As julle dit bly doen
Kinders Ek is
Volmaakte liefde
Volmaakte aanvaarding
Van jou en elke een
Kom dieper My liefste kinders
Kom sien waarop julle uitmis
Die begin en einde van alles
Dit is Ek My liefste kinders, dit is Ek
Begin dit asseblief glo
Begin My julle harte gee
Begin My asseblief vertrou
Met elke tree wat jy gee
Liefste kinders
Weet julle dat Ek in julle glo
Sê Abba Vader
Soveel meer as wat julle dink
Weet julle dat Ek altyd naby is
Weet julle dat Ek die lewe
Saam met julle wil geniet
Elke tree wat julle gee
Die lewe is soveel lekkerder
As mense My net rerig ‘n kans wou gee
Om hulle te wys
Om hulle te leer
Kinders julle moet asseblief
Ophou om die wêreld
So alleen te wil aanpak
Dis nie vir My lekker om te sien
Weet julle, weet julle dat dit
Soveel lekkerder is met My deel daarvan
Kinders Ek wil hê julle moet dit weet
Ek wil hê julle moet dit glo
Liefste kinders asseblief
Kom na My
Kom kyk waarop jy nog al die jare uitmis
Omdat jy nie vir My wil ja sê
Soveel vreugde, blydskap en vrede
Wat op julle wag
As julle net wou kom
My waarlik ‘n kans wou gee
Kinders asseblief
Hoekom glo julle My nie
Hoekom vertrou julle nie
Dat Ek rerig altyd van beter weet
Kinders asseblief
Sal julle begin glo
Soos wat Ek van julle vra
Soos wat Ek graag wil hê
Dis die mooiste, mooiste skatte
Wat vir julle lê en wag
Kinders julle ken My wragtie nie
As julle aanhou nee sê
Julle weet nie wie Ek is
Julle het nie ‘n idee
Kom klop asseblief aan My hart
Begin om My ‘n kans te gee
Beter en meer
As wat julle ooit kon dink
As julle net wou ja sê
My waarlik innooi
Hou op sê Abba Vader
Hou asseblief op met nee sê
Julle ken My nie, julle ken My nie
As julle aanhou nee sê
Weet julle hoe graag Ek wil hê dat julle moet kom
Asseblief kinders van Abba-God
Kom nader
Kom soek na My hart
Kom spoor asseblief na
Die verborge skatte wat diep in My hart lê
Hulle roep jou nader My liefste kind
Seun en dogter kan julle hulle nie hoor
Kom nader asseblief My liefste kind
Kom nader
Kom vind My
Kom vind uit wie Ek rerig is
Dis al te lank sê Abba
Dis al vir te lank dat hierdie wêreld
So verkeerd glo oor My
Ek wil rerig hê dat dit nie meer so sal wees
As kinders, mense in hierdie wêreld
Net bereid was om te sê
Ek gaan by God self uitvind
Wat die waarheid is
Hoekom doen julle dit nooit nie
My liefste kinders
Hoekom gee julle altyd so vinnig op
Hoekom glo julle so verkeerd
Dis asof dit die maklikste is vir julle
Om net te sê
Ja wêreld julle is reg
God is verkeerd
Julle ken My nie eers nie sê Abba
Julle het nie ‘n idee
Liefste kinders van die wêreld
Wie Ek rerig is
Is daar mense daarbuite sê Abba Vader
Wat die waarheid oor My wil hoor
Wat wil omgee om te hoor
Hulle was verkeerd
Kinders van die wêreld
Asseblief luister vir My
Ek is baie mooier en beter as wat enige een van julle dink
Hoekom wil julle dit nie weet
Julle wil nie hoor wat Ek vir julle sê nie
Julle wil nooit hoor nie
Hoekom is dit so
Dit is wat Vader vra
Kinders van die wêreld
Ek wil julle vra
Kom vind uit waarvoor julle nee sê
Kom vind rerig uit want julle het net nie ‘n idee
Hierdie wêreld sou nie vinnig genoeg
Na My toe kon hardloop
As sy rerig geweet het
Wie Ek is
Hoekom glo julle al die verkeerd oor My
Sê Abba Vader
Hoekom
Kinders dit maak so seer
Dis so nie lekker vir My
Om elke dag te hoor
Die afkrakende goed wat hierdie wêreld van My sê
Hoekom is dit liewe wêreld, hoekom is dit so?
Ek verdien al die lof en prys
Wat julle ooit kan gee
Tog is so min daarvan
Op hierdie aarde te vind
Liefste kinders asseblief
Leer My ken
Voordat jy aanhou met nee sê
Voordat jy aanhou met weghardloop
Ja, Amen.