Liefste kind
Gee My asseblief jou hart
Gee My asseblief jou lewe
Dit is wat ons Vader vra
My liefste kind
Jy stel al so lank uit
Om na My te kom
Asseblief wanneer gaan dit wees?
Met elke tree wat jy uitstel
Is jy besig om My
Verder weg van jou te stuur
En Ek hoop so dit was nie gewees
Liefste liefste kind
Weet jy hoe graag dit is
Dat Ek wil hê jy moet ja sê
Vir My klop aan jou hartsdeur
Liefste kind
Ek is die Antwoord waarna jy vra
Ek is die HOOP en vreugde wat jy verlang
Om in jou hart rond te dra
My liefste kind
My hart kry so seer
Ek weet jy is bang
Maar asseblief kom na My
My liefste kind
Hoor asseblief hier
My hart is sag
Ek sal mooi met joune werk
Asseblief liefste kind
Begin ‘n skrefie oopmaak
Begin om te kyk
Na dit wat Ek vir jou wil doen
My liefste, liefste kind
Ek is so lief vir jou
Ek wil al die seer van die verlede kom uithaal
Sodat jy My kind vir ewig kan wees
My liefste kind Ek weet dis moeilik
Ek weet dis nie maklik om jou hart vir My oop te maak
Asseblief liefste kind ‘n skrefie
Dit is al wat Ek vra
Ek is so, so lief vir jou
My liefste kind
Sal jy My asseblief die kans gun
Om alles vir jou beter te maak
Ek wil nie hê jy moet meer bang wees nie
My liefste kind
Ek wil die mooiste toekoms
En lewe aan jou gee
My liefste kind
Sal jy My asseblief
‘n Stukkie vertrou?
Vandag en dan weer
Liefste kind
Dis al wat Ek nodig het
Jou vertroue in My
Dan kan Ek inkom en begin werk
Ek weet dis moeilik om oop te maak
Want jy is so bang jy kry weer seer
Liefste kind
Dit sal nie gebeur
My hart is sag
My liefste kind
My hart is mooi
Asseblief liefste kind jy kan kom
Net soos wat jy is My liefste kind
Is jy meer as genoeg vir My
Moet nie die leuens wat nie van My is
Glo
My liefste kind
Die donkerste sonde sal Ek vergeef
Daar is niks wat skeiding
Tussen ons twee kan bring
As die bloed van My Seun
Jou bevry
Is jy vry om jou lewe vir My
In oorvloed te leef
My liefste kind
Jy moenie probeer uitredeneer
Hoe dit gaan werk
Jy moet kom en jy moet vertrou
My Seun se bloed sal jou skoon was
Vergeef en mooi en beeldskoon
Met My Gees sal Ek jou vul
Sodat jy teen die vyand sal staande bly
My liefste kind
Ek nooi jou nader
Ek nooi jou
Om My te kom vind
My liefste kind
Moenie dink aan wat jy verloor nie
Glo vir My
Dit is niks teenoor dit wat jy win nie
My liefste kind
Ek het soveel in stoor vir jou
Die mooiste drome het Ek vir jou lewe gedroom
Asseblief My liefste kind sal jy hulle kom leef?
My liefste kind
Ek is so lief vir jou
Ek hoop dat jy dit sal glo
Ek bid dat jy dit rerig jou eie sal begin maak
Daar is niks wat julle
In hierdie lewe sal verloor
Wat julle nie
In die Ewigheid sal vind
My liefste kind
Asseblief begin My glo
Asseblief begin My vertrou
En weet Ek is altyd naby
Altyd met die HOOP
Dat jy na My sal draai
Altyd met die HOOP
Dat vandag die dag is waarop jy ja sê
Dankie My liefste kind
Dat jy luister
Dankie dat jy omgee
Om te hoor van My
Amen.