Eerlik, opreg
Vanuit my hart
Wil ek vir U
Die mooiste lofsang sing
Vader-God, Pappa-God
U is goed
U is so groot
U alleen is die Een wie ons harte bemin
Vader ons wil U
Al die lof en eer
Van ons harte toebring
Ons wil hê dat U sal weet
Ons glo daar is niemand soos U
Ons glo dat U die Almagtige
Groot God en Koning is
Wat U kinders elke dag in liefde lei
U leer ons die mooiste lesse
U maak ons voete sterk
Teen die aanslae van die lewe
Wat maar altyd kom
Daar is niemand soos U
Ons wil lofliedere bly sing
Vanuit diep in ons harte
Altyd aan U bly oorgee
Abba U is ons liefste God
Niks of niemand kom naby U
Niks of niemand kan doen
Wat U vir U kinders doen
Uit die modderslyk van sonde
Het U ons opgelig
Aan ons elke een
‘n Nuwe kans besorg
‘n Kans om weer te probeer
‘n Kans om U hierdie keer te vertrou
‘n Kans om die dood nie weer
Bo die lewe te kies
Abba-God U is groot
U is almagtig
Dit maak ons harte so bly en dankbaar
Om dit te kan sê
Niemand is daar soos ons God
Niemand, nooit nie
Niemand, ooit nie
Dit is so, ja Amen
Vir altyd was dit so
Vir altyd sal dit nog so wees
Ons gee U al die lof en eer
Ons wonderlike en majestieuse Koning
Amen.