Waardige Een

Niemand is meer waardig
As ons Koning en God
Niemand verdien dit meer
As die Een wat in die Hemel woon

Geen aardse koning
Kan met die Hemelse Een vergelyk
Niemand sal ooit soos Hy kan wees
Hy is die Enigste Een

Ons harte is so baie bly
Wanneer ons hoor
Wanneer ons vind
Dat daar rerig niemand soos U is

U is die Een
Wat alle lof en eer verdien
Niemand is so waardig
Want daar is net niemand soos U

Vader-God
Koning Jesus Christus
Ons wil voor U kom neerbuig
Alle lof en eer aan U bring

U is waardig Koning Jesus
Om die boek te neem
En sy seëls oop te maak
Want U is die Waardige Een

U is Pappa-God se Seun
U het die prys vir ons sonde
Op U geneem
U het dit betaal

Niks of niemand
Sal daar ooit soos U wees
U is die Waardige Een
Wat die hoogste respek verdien

Vader dit maak partykeer seer
Dit is nie aldag lekker om te sien
Hoe so min mense U nie
Die respek en agting gee wat U toekom

Vader-God U verdien die beste
U verdien ons alles
Ons wil net dankie sê
Dat daar niemand soos U is

Van die hemel het U neergedaal
Om aan ons mense gelyk te word
Om te verstaan waardeur ons gaan
Om medelye te hê

U het gekom om ons te red
En ons is so baie dankbaar daarvoor
Waar ons sou wees
As die Seun van God nie ja gesê het

Kinders van God
Kinders van die wêreld
Ons moet bly wees
Die Koning het vir ons gekom

As Hy nie gekom het nie
Was ons vir altyd verlore
Nooit het ons weer ‘n kans gehad
Om Hom lief te hê

Tweede kanse
Gee ons Vader-God nog elke dag
Dit is wie Hy is
As ons dit net wou glo

Kom dan nou
Maak jou hart oop
Gee Hom ‘n kans
Laat toe dat Hy binnekom

Die beste keuse en besluit
Het jy sopas geneem
Moet dan nie terugdraai
Hom nie ‘n kans gee

Weet julle liewe wêreld
Dat Hy julle so baie liefhet
Daar is niemand soos Hy
Daar is niemand wat meer lofwaardig is

Koning van die Eeue
Koning van my hart
Jesus Christus
U is so baie mooi

Ons is lief vir U
Ons harte smag na meer
Ons harte wil U ken
Vir wie U rerig is

Vader-God dankie dat daar
Een gebed is wat U altyd antwoord
En dit is die een wat sê
Vader ek wil U beter ken

Verander dan asseblief ons harte
Gee ons die kans
Om nog nader aan U te beweeg
Deur U Seun kan ons meer as kom

Dankie Abba Vader-God
Dat dit U bly maak
As ons U wil vind
As ons rerig omgee

U is so waardig Abba-God
Daar is niemand soos U
U is die Een wat alle lof
Eer en prys verdien

Die Waardige Een
Halleluja
Vir ewig en altyd
Ja, Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment