Onthou

Wanneer die wêreld jou platslaan
En jy dink jy kan nie meer
Onthou dan
JY KAN

Wanneer dit voel alle hoop is verloor
En jy kan net nie wen
Onthou dan
Jesus leef en Hoop is Sy Naam

Wanneer die duiwel
Die grond onder jou voete wegvee
Onthou dan
Jesus is die Rots wat vir alle tyd vasstaan

Wanneer jou hart breek
En jou trane oral rondlê
Onthou dan
Vir Jesus is jy kosbaar en van elke traan weet Hy

Sien want jy is nooit alleen
In jou droefheid nie
In tye van hopeloosheid en net-wil-ingee
Is Hy die Een wat Sy hand uitstrek en Sy kind ophelp

Ons Koning verstaan en Hy gee om
Oor elke stukkie lyding
Wat ons pad kom kruis
Hy weet daarvan en Hy gee baie om

Al is Hy die Seun van God
Hy verstaan, Hy verstaan en Hy is altyd baie naby
So volgende keer wanneer jy alleen voel
En die duiwel aan jou wonde lek

Sê vir hom daar is ‘n God
Hierdie God verstaan en ken jou naam
Hy weet van elke traan wat jy stort
En saam met hierdie Koning – Jesus – gaan jy triomfeer

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment