Ek weet julle is bang sê die Heer
Liewe kind Ek weet en Ek sien
Julle woon in ‘n land gevul met baie vrees
Hoe graag wil hy jou in sy greep vashou
Weet asseblief Ek is altyd daar
Julle is nooit alleen
Ek weet van al die alarms
Die wêreldse sekuriteite wat julle daagliks omring
Liewe kind
Dit is nie My hart
Ek wens
Dit was nie so gewees
Liewe kind Ek weet, Ek weet
Van die dood wat elke dag aan jou deur kom klop
Ek weet dis My genade wat julle elke dag vashou
Ek wil hê julle moet weet julle is NOOIT alleen
Liewe kinders asseblief sal julle nader kom
Asseblief sal julle nader kom en hoor
Geen dood of lyding
Hongersnood sal ons ooit kan skei
In die donkerste dieptes van lyding
Is Ek daar
Liewe kind Ek is altyd daar
Daar is geen rede om bang te wees
Liewe kind al gaan jy partykeer
Deur donker dieptes
Onthou altyd Ek is daar
Nooit, ooit sal jy alleen hoef te wees
Liewe kind hoe wens Ek
Jy het nooit nodig gehad om te vrees
Liewe kind tog weet Ek dit is die uitvloeisel
Van ‘n land wat sy God verlaat
Liewe kind BID vir jou land vra die Heer
Bid vir vrede
Bid vir vergifnis
Bid vir koue harte wat My bly verlaat
Liewe kinders deur julle en julle gebede
Is daar hoop vir hierdie land en kan Ek hierdie nasie draai vir My eer
Daar is ‘n generasie wat opstaan in hierdie land
Wat My liewer het as die vorige een
In en oor hierdie kinders sal Ek My Gees blaas sê die Heer
Ek sal My Gees in Rykdom en Diepte
Uitstort oor hierdie land
Ek sal sê die Here
Moenie sê Ek kan nie sê die Heer
Ek kan
Kom, kom en bely
Ek is God, Ek kan enige iets doen
Ek weet baie mense glo nie Ek kan nie
Baie mense sê daar is nie Hoop
Dalk weet julle nie daar is ‘n vuur van passie en vergifnis
Wat leef in die harte van My kinders, dit is aangesteek deur My
Liewe kinders daar is Hoop vir hierdie wêreld
Hoor die Woord van die Here
Daar is Hoop vir julle land Suid-Afrika
Dit is wat Ek sê
Liewe kinders as julle net sou buig
As julle net wou kom en bely
As julle net wou erken wat julle verkeerd gemaak het
As julle net wou kom uitvind of dit wat in jou lewe rerig is van My
Liewe kind kom
Kom en kom hoor die wysheid in My hart
Kom hoor en gee om
Die Woorde wat jy My hoor praat
Daar is Hoop vir hierdie land Suid-Afrika
Daar is Hoop sê die Heer
Die Swaar Gees van onvergifnis en liefdeloosheid sal Ek lig
Met My Waarheid, My Woord en die bloed van My Seun wat ewig leef
Dis Ek wat die werk in mense-harte verrig
Sê die Heer
Wees jy net getrou
Skryf neer wat Ek jou gee
Vader ek wil en ek sal deur U genade – alleen –
Doen wat U van my vra
Dit gaan nie oor my nie, dit gaan oor U
En U Woord wat moet uitgaan
Gee aan my genade
Wysheid
Krag
Moed om altyd te skryf wat U vir my gee
Ek wil nie my koninkryk bou nie
Ek wil U Koninkryk bou
Vader hou my asseblief trou – tot aan die end –
Dit is my grootste en eerlikste gebed
Kind skryf, skryf wat Ek jou vra!
Goed Vader ek sal skryf
Soos U die Woorde gee
Laat ek hulle so neerskryf
Amen.