Ruk & Pluk

Wanneer die lewensstorms
Druk
En jy voel
Niemand gee vir my om

Wil ek jou aanmoedig
Om te onthou
Liewe vriend en vriendin
Dat daar altyd Iemand is

Hierdie Iemand
Wil so graag hê
Dat jy Hom
Jou beste vriend sal noem

Hy gee altyd om
Oor die seer in ‘n mensehart
En daar is rerig niks
Wat Hy nie kan doen

Hy is die Antwoord
Op al ons probleme
Hy is altyd die een
Wat ons bly deurdra

Wanneer jy weer alleen voel
Onthou asseblief gerus
Dat daar wel Iemand is
Hy hoop jy ken Sy Naam

Deur die storms van hierdie lewe
Sal Hy altyd ons Anker bly
Daarom hoef jy nooit te dink
Aan laat gaan

Hou net vaster
Aan Hom vas
Die dae wat jou bootjie
Ruk en pluk

Die winde sal moet gaan lê
Want Hy is die Een
Wat binne-in
Jou bootjie lê

Word rustig, hou moed
Weet Vader-God is altyd naby
En dat Hy die Antwoord
Op al die lewensstorms is en bly

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment