Kraantjie

Ek is die kraantjie van jou hart
Sê Abba
Die kraantjie
Wat moet aanhou loop

Ja sê Abba-Vader
Moet My nooit toehou nie
Laat dit vloei
Laat dit reën

Ek gee baie om
Sê Abba-God
En Ek wil hê dat jy
Dit altyd sal weet

Hou jou oë asseblief op My
As daar storms kom
Wat die water in jou kraan wil laat opdroog
Hou net vaster aan My

Moenie opgee nie
Sê Abba-God
Bly kyk na My
Die Een wat alles beter maak

Hou jou oë op My
Liefste kind
Ek is in die storm
Baie naby

Om jou deur te dra
Om jou te bly help
Om alles-alles
Vir jou beter te maak

Hou jou oë
Op My
En weet dit
Ek is naby

Saam sal ons hierdie reis
Na julle hemelse huis
Voltooi
As julle net op My weë bly

Hou net vas
Moenie laat gaan
Nuwe krag sal Ek jou gee
Hou net aan bely

Hou aan vra
Vader help my asseblief
Gee my nuwe hoop in my kraantjie
Dat alles wat mooi is daaruit sal voortvloei

Aan ons Vader
In die hemel
Al die eer
Want Hy is altyd naby

Hy is die Een
In wie ons altyd sal bly glo
Deur Sy genade
Wat ons so styf vashou

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment