Vergeet My nie sê die Heer
Vergeet My nie
So baie van My kinders
Hulle vergeet My iewers tussen-in
Die eerste plek in jou lewe
Die eerste plek in jou hart
Dit behoort Myne te wees
Liewe kind
Julle gee My plek
Net jammer dis gewoonlik
Tweede, derde
Of iewers aan die end
Eerste plek behoort aan My
Soek My en alles sal verder in plek val
Glo My,
Dis hoe dit werk liewe kind
Agter in die ry
Dis nie voldoende nie liewe kind
So gaan jy nooit in My volheid wandel nie
Net hier en daar ‘n stukkie van My.