Die Begin, die Einde van als
Is Jesus
Jesus is Sy Naam
Ek hoop jy ken Hom liewe vriend
As ek jou kan vertel van die Hoop
Wat Hy kom aansteek het in my hart
As ek dit vir jou part kon glo
Sou jy nooit, ooit jou gesig kon wegdraai
Liewe kind Ek is Soveel Hoop
Ek is Soveel Genade
Hulle noem My die onbeskryflike God
Liewe kind dit is Ek
Liewe kind kom!
Weet jy hoe seer maak dit My hart
As jy stukkend is van binne
Maar nogsteeds nie wil kom na My
Liewe kind Ek is die antwoord
Op al jou vrae
Vrese
En hongerte vir Hoop
Liewe kind asseblief kom
Ek is Soveel Meer
As die Naam wat jy gereeld hoor
Ek is Jesus, Ek is God
Hoekom glo julle nie dat Ek kan doen
Wat Ek in My Woord beloof?
Liewe kinders hoekom glo julle dit nie?
Dit maak My hart so seer
Liewe kinders My Woord
Is soveel meer as leë beloftes
Woorde wat julle lees
Woorde wat julle tog nie glo
Liewe kinders My Woord is wie Ek is
Dit is Ek!
Wat vir jou vra liewe kind glo
Sal jy vas daarop bly staan?
Liewe kind julle glo My nie
Hoeveel kere kom klop Ek aan jou hart
Ek vra jou om My te glo
Ek sê vir jou dat Ek alles beter kan maak?
Liewe kinders hoekom glo julle dit nie?
Hoekom nie?
Liewe kinders Ek is Lewe
Ek is Hoop
Liewe kinders dit is soveel meer
As net mooi woorde
Dis die waarheid
Liewe kind as jy wou kom sou jy sien
As jy net die 1ste tree wou gee
As jy net wou begin om te glo
As jy net wou vertrou
Die Skepper, Koning van die heelal
Liewe kind hoekom glo jy nie?
Hoekom glo jy nie Ek is
Wie Ek vir jou sê Ek is?
Hoekom hou jy aan om na ander antwoorde te draai
Liewe kind dalk besef jy nie
Ek is die Enigste Ware Antwoord
Ek is Lewe
Ek is Hoop
Liewe kind kan en sal jy
Dit waarlik jou eie maak?
Sien want dit is die probleem
Jy glo nie wat Ek vir jou sê
Liewe kind weet jy
Wat is Hoop
Weet jy wat is Lewe
In oorvloed
Liewe kinders dis Vreugde
Wanneer die bome geen vrugte dra
Dit is vertroue wat My hand
Verbete bly vashou
Dis vasberadenheid
Wat aan My Woorde, Waarheid kleef
Al kom klop hoeveel ander antwoorde
Ook aan die deur
Liewe kind het jy geweet
Ek sal vir jou deurkom
As jy jou oë op My bly hou
As jy bly vashou met als wat jy is en het sal jy die beter kant sien
Jy sal ervaar hoe kosbaar Ek met My kinders werk
Jy sal sien dat jy nie nodig het om ooit bang te wees
Liewe kind die Liefde in My hart
Vra jou om My te vertrou
Liewe kind sal jy?
Die skade in en aan jou hart
Het nie oornag begin
Dis jare se seer, jare se woorde wat bly breek
Liewe kind Ek kan dit draai
Ek kan dit draai
Ek kan dit alles, maar alles
Beter maak
Hou op om te sê
Jy makeer nie ‘n enkele ding
Ek en jou hart
Weet wat is waarlik waar
Hoeveel mense bou jy
Met die woorde wat jy spreek?
Van hoeveel mense
Praat jy agter hulle rug?
Sien liewe kind
Dis waaraan ons moet werk
Dit is die wortel van die probleem
Jou gewonde hart
Jy het nie nodig om altyd iets te sê
Of ‘n eiertjie te lê
Liewe kind dit hoort nie so nie
Dis nie hoe Ek wil hê dit moet wees
Besef jy liewe kind hoeveel seer
Jy in jou eie lewe inbring
Met die woorde wat jy spreek
Die woorde wat jy toelaat om jou mond so vrylik te verlaat
Liewe kind nee asseblief
Dis tyd dat ons die woorde wat jy spreek met ‘n teuel vasmaak
Ek haat dit
Want dit maak jou so seer
Besef jy dat Ek seerkry wanneer jy seer het?
Besef jy dat Ek jou liefhet
Met ‘n Liefde wat geen woorde
Rerig ooit kan verwoord?
Besef jy dit liewe kind
Besef jy dit regtig
Besef jy dat Ek verstaan
Besef jy dat Ek die donkerste sonde sal vergeef
Besef jy dat Ek die oneindige groot seer
In jou hart wil beter maak?
Besef jy dat Ek niks kan heel of verander
Solank as wat jy volstrek weier om te vra
Liewe kind hoe lank wil jy vasgevang sit
Tussen die rusies met jou man?
Hoeveel kere wil jy nog jou kinders se harte breek
Met die harde woorde en ongeduld wat in jou leef?
Liewe kind Ek wil dit beter maak
Die seer in Jou hart wil Ek genees
Hou op om ander mense te bespreek
Dis tyd dat ons aan jou ‘issues’ werk vra die Heer
Raak jy nie al moeg vir die stukkend-wees
Hoe lank wil jy nog hê moet dit so aangaan vra die Heer
Liewe kind asseblief die tyd is nou?
Sê My is jy bereid om te kom?
Sal jy My toelaat om My arms van liefde
Om jou te vou
Sal jy My toelaat om in jou oor te fluister
Liewe kind Ek vergewe jou
Maar liewe kind dit kan nie gebeur
Solank as wat jy weier om oor te gee
Ek kan niks doen as jy nie kom
En kom vra
Liewe kind besef jy dat die woorde wat jy spreek
Jou die seerste maak?
Dis omdat daar niks lewe daarin is nie
Dit bevat net dood!
Dood saai jy met jou tong
Elke liewe dag van jou lewe
Dan wonder en vra jy nog
Hoekom lyk my lewe soos wat dit lyk?
Dis omdat jy kry wat jou tong bely
Elke liewe dag is dit ‘n stryd om op te staan
Positief te bly
By die fonteine-van-dood-praat gaan kuier jy so graag
Dis tyd om Lewe te skep liewe kind
Soos die vrou van die bybel
Ek het haar beloof
Dan sal jy nooit weer dors kry
Liewe kinders, liewe kinders
Dis tyd om positief te bely
Ek is ‘n kind van God
En saam met U gaan ek hierdeur
Sien liewe kind Ek verstaan
Dit is as gevolg van die seer wat in jou bly
Dis hoekom Ek vra, dis hoekom Ek vra
Kom na My, laat ons hieraan werk
Hoekom wil jy nie groei in My nie
Hoekom wil jy nie toelaat dat jou hart
My liewer kry as die wêreld nie
Hoekom, hoekom bly jy wegdraai?
Liewe kind Ek verstaan nie
Ek wil jou wysheid leer
Ek wil jou beter gee
Hoekom, hoekom wil jy dit nie hê nie
Liewe kind besef jy nie
Hoekom besef jy nie
Jy hou aan om Lewe voor jou deur weg te wys
En die Dood na binne te nooi
Kom in, maak jou tuis
Sê jy oor en oor
Wees welkom
In my huis
Liewe kind Dood
Woon saam met jou in jou huis
Is dit hoe jy dit wil hê
Is dit rerig hoe jy wil hê dit moet wees
Wanneer, o wanneer
Gaan jy My innooi
Wanneer laas het jy woorde
Van seën, opbouing en lewe toegelaat in jou huis?
Liewe kind dalk besef jy nie
Dit begin by 1 regte cd
Bo al die verkeerdes
Wat jou elke dag omring
Wanneer, wanneer laas
Het jy jou bybel oopgemaak
Dit hardop gelees, toegelaat
Dat dit die donker atmosfeer rondom jou verdring
Hoekom, hoekom is dit so lekker om in die donker te bly vra die Heer
Julle geniet dit tog so
Liewe kinders Ek hoop julle besef
Die einde van al die donkerte is Ewige Dood
Liewe kinders Ek nooi julle na die Lig
Wil julle nie eerder daarin kom woon?
Die Lig bevat Ewige Lewe
Vir almal wie bereid is om te hoor
Liewe kind dalk besef jy nie
Al die antwoorde waarna jy so vinnig hardloop
En vir wie jy so vinnig kyk
Hulle raad is dood, net Myne sal vir ewig bly
Hulle het jou nie liewer as wat Ek jou het nie sê die Heer
Nooit, ooit is dit eers moontlik nie
Al klink hulle hoe mooi, al klink hulle hoe slim
My Raad is Ware Wysheid waarmee geen niks, niemand ooit kan vergelyk
Ware Wysheid is Ek
Ware Lewe is ook Ek
Sien jy liewe kind dit is soos My Woord sê
Ek is die Ewige Ek Is
Halleluja, Amen.