Ontdekkingsreisiger

Soos ‘n man
Met ‘n flitslig in sy hand
Wil ek soek na die skatte van my Vader
Ek wil weet wat dit is wat Sy hart verberg

Sien ek wil nie halfhartig probeer
Moeg of lui-raak en dan moed opgee
Nee! Ek wil voortbeur, aanhou
Ek wil uitvind wat in die dieptes vir my wag

Soos ek die skatte een na die ander ontdek
Word my hart so ongelooflik, lekker-bly
Wie sou ooit kon dink
Hierdie ekspidisie sou vir my soveel grote vreugde bring

Van vrede en liefde
Wat hierdie draai vir my bring
Tot genade en wysheid
Wat die ander hoekie vir my inhou

Ek raak so bly, ek raak so bly
Ek wil aanhou soek
Soos ‘n wafferse ontdekker-reisiger
Opsoek na die skatte wat my Vader se hart wegsteek

Sien ons Koning VERLANG so baie na kinders
Wat Hom ook beter wil leer ken
Hy wag, Hy wag om met groot blydskap
Die Lig en Aangesig van Sy glorie te vertoon

Daar waar Sy kinders voor Sy Troon
Kan kom neerbuig
Daar waar duisternis nooit ooit weer
Die Lig kan verberg

Sien die liggie begin dalk baie klein
Maar soos wat jy aanhou soek
So sal jy ook vind
Liewe kind

Moenie opgee nie
Druk deur, beur voort
Daar wag vir jou ‘n skat so groot
Hierdie wêreld en sy rykdom sal dit nooit vir jou kan gee

Liewe kind dit is ‘n skat so groot!
Dit is die GROOTSTE SKAT
Sy Naam is JESUS
En ‘n EWIGE LEWE saam met My

Ontdekkingsreisiger soek
Soek en jy sal vind
Moenie opgee nie liewe kind
Hou aan soek

In jou hart sal Ek ‘n lig aansteek
Wat hierdie wêreld en sy leuens
Al haar slimhede vervat in domheid
Nooit, ooit sal kan uitdoof

Soek liewe kind
Soek en jy sal vind
Ek is LEWE
Ek is LIG

Wanneer jy by My uitgekom het
Sal daar nie meer
Enige nut wees
Om verder te soek

Sien liewe kind want
Jou soektog eindig by My
Na My is daar geen einde
Ek is die Begin, Ek is die Einde van ALS

Haal af, haal af daai hoed
Laat die soek-geselskap rus
Liewe kind
Jy het sopas die LEWE gevind

Jou soektog het geeindig
Ware Lewe het jy ontdek
Hoekom jy lewe
Waarom jy bestaan

Die doel, die rede
Dit is gevind, dit lê in My
Weet dit liewe kind
Omdat Ek is, is jy

Groei, groei en word sterk in My
Ander soekers sal Ek na jou lei
Vir hulle moet jy help
Ook die regte rigting aandui

Soek en jy sal vind
Liewe kind hierdie is ‘n woord so waar
Dit maak jou waarlik vry!
Ek is LEWE, dit begin als by MY.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment