My God is so groot!
Sy hart so mooi
As julle net kon sien
Die verlange wat in Sy hart woon
Hy verlang om EEN te wees
Met elkeen van Sy kinders
Elkeen wie Hy gemaak het
Hy verlang om in jou te woon!
Hy verlang baie meer
As wat enige een van ons ooit kon droom
Sy hart is LIEFDE
Wat alle menslike verstand deurboor!
Sy hart is liefde liewe wêreld
Liefde wat selfs
Die koudste en hardste hart
Kan sag maak
Hy is so sagmoedig
Hy is so vriendelik
Hy leef vir ewig
Ek lief Hom so!
Here Jesus, Vader-God
Ek is so lief vir U tog weet ek
Dit is nie eers ‘n druppel in die emmer
Van hoe U oor ons voel
Die liefde in U oë
Skyn regdeur die donkerste nag
U liefde is so groot
Geen woorde kan dit behoorlik verwoord
Hy is groot!
Sy liefde is sooo groot
Voor U aangesig liewe Koning
Wil ek vir altyd kom en aanbid
Hoe kan U so goed wees
Hoe kan U nogsteeds bly uitreik
Na ‘n wêreld so vuil
Diep in sonde verval
Liewe kind
Dis omdat hierdie nie julle ewige woning is nie
Saam met My gaan dit soveel beter wees
Ek hou aan uitreik want Ek gee aan hierdie wêreld ‘n regverdige kans
My hart loop oor van liefde vir my Koning
As jy Sy hart vir ‘n oomblik kon voel
Sou jy presies weet wat ek bedoel
Nooit ooit weer jou rug op Hom kon draai
Hy is soveel meer as hierdie wêreld
Hy is Hoop, Hy is Lewe
Hy is beter as die beste musiek-konsert
Wat jy ooit in jou lewe kan bywoon!
Sy teenwoordigheid is so naby
Aan die wie Hom liefhet
Die wie hoë agting koester vir Sy gebooie
En hulle gehoorsaam
Die wie vir Hom lief is
Hoe baie lief het Hy hulle nie!
Hy hoop so jy wou een van die wees
Wie Hy Sy kinders noem
Hy het ons lief met ‘n ewigdurende liefde
Soos vlamme van ‘n vuur
Brand dit in Sy oë
Sy hart van liefde verander enige een
Vader-God ek wil groei in liefde vir U
Dieper en meer kosbaar in verhouding met U
Aan U behoort My hart
Ek het U liewer as wat woorde ooit kan sê
Ek is lief vir U
Ek is lief vir U
Ek is lief vir U
Ek is lief vir U
Wat meer kan ek gee?
Wat ek is gee ek alles vir U
Ligaam, gees en siel
Dit behoort aan U
U liefde verdien niks minder nie
U liefde vereis kinders
Bereid om U gebooie te gehoorsaam
Kinders bereid om te doen wat U vra
Ons is baie kere
So vinnig om te sê
Ek is lief vir U
Ek is U kind
Tog liewe kinders
Getuig julle lewens daarvan?
Sê ook jou lewe baie maklik
Ek is jou Koning?
Want liewe kind dit is hoe die wêreld weet
Jy behoort aan My
Deur die manier waarop jy lewe
Deur die woorde wat voortkom uit jou mond
Liewe kind Ek vra nie werke nie
Ek vra die liefde van kinders
Wat luister
Wanneer Ek vra
Hoe baie kere hoor julle My Gees se stil, sagte stem
Maar kies dan om nie daarna te luister nie
Die kop weg te draai
En nogsteeds julle eie pad te volg
Liewe kind
Ek soek jou liefde
Ek soek jou gehoorsaamheid
Omdat jy lief is vir My
Liewe kind
Dalk besef jy nie
Ek vra nie omdat Ek enige voordeel daaruit trek nie
Ek vra dit eintlik vir jou
Vandag is dit nog dieselfde
Net soos Adam en Eva
Staan julle ook voor die Boom wat die vrugte dra
Van die kennis van goed en kwaad
Nogsteeds glo julle dat julle nie
My Woorde kan vertrou nie
Nogsteeds glo julle dat Ek terughou op julle
Nogsteeds baie ywerig om te eet van die verbode vrugte
Liewe kinders daar is vandag nog
Net soveel verbode vrugte
Waaraan Ek nie wil hê julle moet raak
Tog gee julle nie om wat Ek daarvan dink
Sien tot en met vandag
Vertrou julle nogsteeds nie My hart nie
Julle glo nogsteeds Ek is oorbeskermend en gun julle niks
Julle glo die leuens van die vyand bo die Lewe wat Ek aan julle wil gee
Liewe kind niemand weet meer as Ek nie
Asseblief glo My, Ek weet wat die beste is vir jul
Ek het julle gemaak
Ek is die Skepper, julle die Skepping
Liewe kind kom asseblief na My
Ek verlang vir ons twee om in verhouding te staan
Vir ons om ons harte met mekaar te deel
Dit is hoekom Ek die Tuin van Eden gemaak het
Ek wil hê ons moet vriende wees
Baie meer as net kennisse
Ek verlang om te hoor wat in jou hart lê
Hoe hoop Ek jy sien ook uit om My hart te leer ken
Soveel van julle wat tot en met vandag
Nog kies om te doen wat Adam en Eva gedoen het
Lewe en dood het Ek ook voor hulle gelê
En toe – net soos julle – kies hulle die dood
Julle sal weet wat God weet
Julle sal soos God wees
Dit het die vyand julle vertel
Nou nog bly die trotse eie ek julle groot val!
Liewe kinders hou op om ‘n altaar
Net vir julself en julle gemak te bou
Jy gaan jouself daarop verbrand
‘n Offer vir die duiwel en die lewe hierna
Bou eerder jou lewe op My
Ek is die Rots wat vir ewig en altyd sal bly
Ek het gekom om aan jou die Lewe te gee
Jou te red van al die moeilikhede waarin jy jouself so gou begewe
Sien diep in die hart van elke mens
Lê die wete Jesus Christus is God
Die begeerte om Hom te ken
En Hom alleen te aanbid
Hoekom is dit so moeilik jou lewe oor te gee aan My?
Liewe kind dit is nie so moeilik nie
Al wat dit vat is jy wat bereid is om die knie te buig
En My te vra om in jou te woon
Sal jy asseblief doen wat Ek van jou vra
My hart vertrou
Jou lewe totaal oorgee aan My
En My planne vir jou toelaat om in jou hart te woon?
My planne is soveel mooier as hierdie wêreld s’n
Soveel beter as enige droom wat julle kan droom
Met My Seun sal die klappe van julle oë afval
Die Waarheid sal julle dan rerig ken en vrymaak
Gee My jou hart
Gee jou alles aan My
Nooi My om in jou te kom woon
Als omdat jy weet Ek gee om en het gekom vir jou
Bo alle ander
Troon ek uit as Heer
Ek is God Almagtig
Ek is die Heer
Kom na My
Kom verheerlik My Naam
Wanneer jy sien waarvan Ek gekom het om jou te spaar
Sal jy My voorwaar met alles in jou dien en liefhê!