Weet julle
Dat Ek julle liefhet
So verskriklik
Baie liefhet
Weet julle
Dat julle julle oë
Op My
Moet bly hou
Weet julle liewe wêreld
Dat daar niemand
Niemand soos Ek
Die Ewige EK IS is
Liewe wêreld
Dis Ek wat julle liefhet met ‘n ewige liefde
Dis Ek wat My Seun gegee het
Sodat ons weer saam kan wees
Liewe wêreld
Liefste kind van God
Luister Ek weet van jou
Ek gee rerig baie om
Daar is baie min, niks
Wat Ek nie vir My kinders sal doen
Julle beteken
So baie vir My
Liewe wêreld
Ek vra dat julle julle oë
Op My Seun Jesus
Die Begin en Einde van die Geloof sal hou
Hou julle oë op Hom
Liefste wêreld
Moenie toelaat
Dat mense julle verlei
Ek het Hom gegee
Ek het Hom gestuur
Sodat ons twee weer verhouding kon bou
Sodat ons twee saam kan wees
Liefste wêreld
Liefste kinders
Ek nooi julle
Om in My Seun Jesus te glo
Liefste kinders
Liewe wêreld
Het julle geweet dat Ek altyd by julle is
Nooit het julle nodig om alleen te wees
Vestig julle oë dan
Asseblief op My
Hou dit daar liefste kinders
Asseblief moet nie ophou
Soveel mense wat die wedren goed begin
Soveel mense wat nie met hom volhou
Liefste kinders, liefste wêreld
Ek wil hê julle moet weet dit gaan nie so werk
Julle het nodig liefste kinders
Julle het nodig liewe wêreld
Om julle oë op My
Die Ewige EK IS te bly hou
Moenie opgee nie
Hou aan
Hou vas
Totdat Ek My Seun stuur om julle te kom haal
Vestig julle oë op My
Liefste wêreld
Liefste kinders
Weet Ek voleindig dit vir jou
Ek maak altyd klaar
Dit wat Ek begin sê Abba-Heer
Liefste kind sal jy asseblief aanhou vashou
My NOOIT die deur wys
Liefste kinders
My weë loop na die Ewigheid
Alles wat mooi is
Dit sal julle in My vind
Hou dan aan
Asseblief moet nie opgee nie
Dit wat Ek begin het
Dit sal Ek klaarmaak sê Abba-God
Ja dinge werk dalk anders uit
As wat jy gedink of hoop het
Liefste kind sal jy bly glo
Ek maak dit beter as wat dit ooit kan wees
Ja liefste Abba
Dis wat Ek wil bly glo
Dankie dat U die Een is wat Lewe gee
Die Een wat NUWE HOOP is
Pappa-God ons wil met ons alles
Op U bly vertrou
U wat ons lewe is
U wat die Anker is
Dankie Pappa-God
Dat U ons liefhet
Dankie Pappa-God
Dat U so baie naby aan ons is
U is Lewe
U is Hoop
U is die Een
Wat ons Ewige Anker is
U is ons alles Pappa-God
U is die Een wat ons liefhet
U is die Een wat ons aanvaar
Net soos wat ons is
Dankie Abba Pappa-God
Dat U U Seun gegee het vir ons
Om ons van sonde te bevry
In ons plek het Hy gely
En Vader al is dit nie
Altyd lekker om te hoor
Wil ons aanhou sê
Dat ons so diep dankbaar is
Die prys vir sonde
Is aan die kruis betaal
Sodat ek nou Jesus in U geregtigheid
Voor Pappa-God kan staan
Daarom wil ek in die kruis jubel
Daarom wil ek altyd getuig
Die kruis het aan my
‘n Tweede kans gegee
Ja verval was ek in sonde
Net soos die wêreld voor en na my
Alleen en op my eie
Sou ek nooit my weg na U vind
Maar hoe bly is ek
Ek het in U Seun geglo
Hoe bly is ek
Ek het U liefde en vergifnis binne genooi
U het alles kom nuut
En mooi maak binne-in
Vader ek het nooit-ooit geweet
Dat dit moontlik is
Dankie Abba Pappa liefste God
Dat U U Seun gegee het vir my
Dat U my van sonde bevry het
‘n Weg gemaak het om nooit nie weer daaronder te ly
Want al wat ons nodit het
Is Jesus Christus se bloed
Sy kruisdood het vir ons
Die Ewige Oorwinning behaal
Liefste wêreld
Kyk asseblief na dit wat was
Dit wat nou is
Kan julle sien alles is nuut gemaak
Deur die pad van die kruis
Kan ons elkeen nou
Die weg na ons HemelVader
Se kosbare hart vind
Jesus het die weg gebaan
Vir ons kom sê
Liewe kind jy kan maar kom
Jy is ten volle vergeef
Liefste kinders moet asseblief
Dan nie weer terugdraai na die sonde
Vestig julle oë op My
Die prys vir julle sonde is ten volle betaal
Liefste wêreld
Liefste kinders asseblief
Vestig julle oë op My
Nie op ‘n ander een
Besef jy dat in My Seun
Jy ten volle vergeef is
Besef jy dat die bloed van My Seun sê
Ek het jou ewig lief
My liefde is nie soos julle s’n nie
Liewe wêreld
Dit kom nie gou
En gaan dan verby
Dis ‘n ewige diep liefde
Sê Pappa-Vader
Dis ‘n liefde wat sê
My liefste kind Ek het jou bevry
Fokus dan op My liefde en aanvaarding van jou
Liefste kinders
Soos wat julle deur die storms van die lewe gaan
Soos wat Ek julle nuwe dinge leer
Liefste kinders
Julle moet julle oë op My bly hou
Julle moet weet julle is ten volle vergeef
Veral wanneer ons begin verhouding en karakter bou
Liefste kinders Ek het julle nie gemaak
Om so gou weer van julle te vergeet
Liefste kinders julle moet weet
Dat Ek julle Anker is
Julle moet weet dat Ek
Nooit My rug op julle sal draai
Julle moet weet dat Ek
Die Ewige Lewe is
Hou dan asseblief julle oë op My
Veral die kere wat dinge so moeilik lyk
En jy dink dat niks mooi
Besig is om te gebeur
Liefste kinders Ek wil hê julle moet weet
Ek is altyd besig om in julle lewens te werk
Dis omdat Ek so graag
Julle harte wil skoon hê
Liefste kinders Ek wil so graag hê
Dat die offers van julle hart
Dat dit wat julle voor My bring
Dat dit My welbehaaglik sal wees
Ja liefste kinders
Want dit is wat gebeur
Met elke offer wat julle bring
Is dit of Ek of die wêreld wat ‘n voorsprong het
Die saad wat jy elke dag inneem
Die besluite wat jy maak
Liefste wêreld Ek wil hê jy moet weet
Dit is wat jou hart mooi of lelik maak
Ek wil hê liefste kinders
Ek wil vra dat die offers van julle hart
Dit wat julle toelaat om binne te dring
My welbehaaglik sal wees
Ja liefste kinders
Ek weet daar is mooi saad
Maar daar is ook nie
Begin jouself dan asseblief beperk met dit wat jy inneem
Liefste kinders, liefste wêreld
Ek is lief vir julle
En as Ek julle leer
Is dit omdat Ek omgee
Sal julle dit asseblief
In daardie lig begin sien
Ek veroordeel julle nie, nooit nie
Julle is alreeds ten volle aanvaar
Tog wil Ek hê
Ons moet aan die goed begin werk
Wat weer skeiding
Tussen ons kan bring
Liefste kind Ek wil hê jy moet dit weet
Jy is ALTYD GENOEG
Jy liewe kind
Jy is alreeds ten volle aanvaar
Hierdie moet die basis wees
Waarop ons dan verder bou
Om te groei in My
Moet jy hiervan ten volle oortuig wees
Want wat help dit liefste kind
Ons begin werk aan groei saam met My
As jy nog nie weet of glo
Jy is ten volle vergeef
Dit moet die basis wees
Liefste kinders waarop ons bou
Die bloed van My Seun
En wat dit beteken vir jou
Dit sê jy is ten volle aanvaar
Om nou My kind te wees
Om vir My te leef
Met alles wat jy is en het
Ek wil so graag hê
Jy moet glo liefste kind
Ek wil so graag hê
Jy moet kom met alles in jou
Groei in en saam met My
Is so ‘n mooi ding sê Abba Vader
Liefste kinders
Sal julle dit asseblief nooit wegwys
Die altare van julle hart moet skoon
Liefste kinders
Dis al wat Ek besig is om te doen
Julle moet daar plek maak vir My
Julle moet My asseblief toelaat
Om in julle harte te woon
Om daar te werk
Om dit skoon te maak
Asseblief liefste kinders
Sal julle My toelaat
Om julle net nog mooier
Te maak
Moet asseblief nie moed verloor
In die proses nie
My hart en liefde en vergifnis vir jou
Laat toe dat dit jou behoud bly
Liefste kind jy is ten volle vergeef
Sodat jy nou ‘n lewe van oorgee kan leef
Begin net opgee jou weë
En sien hoeveel lewe Ek kan bring
In jou situasie
Kan en wil Ek ‘n verskil maak
In jou situasie
Kan Ek alles draai vir My eer
Liefste kind
Sal jy My dit asseblief toelaat
Om net die grond in en van jou hart te bewerk
Sodat ons die mooiste tuin kan maak
Dis al wat Ek wil doen sê Abba
Jou nog meer mooier maak
Sal jy My dit asseblief toelaat liefste kind
Soos wat jy daagliks meer en meer oorgee?
Halleluja, Amen.
Amen
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!