Geloofshuisie

U raak my hart op wyses aan
Wat so ondeurgrondelik diep tref
Ek het nie woorde om my liefde
Aanbidding en bewondering vir U ten volle te verwoord

Pappa-God U is die beste God
Op plekke van verlorenheid
En so vêr-van-U
Daar het U my kom haal

Hoe wens ek
Ek het U toe al gesien
Soos wat ek U nou sien
Hoe wens ek my oë was toe alreeds oop

Want Vader soos ek terugkyk
Besef ek net meer
U was altyd daar
Elke tree het U saam met my gegee

Hoekom het ek U nie toe al gesien?
Hoekom het ek nie toe al geweet?
Hoekom het ek so vêr gevoel?
Van alles en almal vergeet

Mense wil dit nooit hoor nie maar sonde verblind jou
Maak dat jy My nie kan sien
Jou hart was so vêr liewe kind
Tog is Ek bly jy het My roepstem gehoor

Dankie dat jy gehoor het liewe kind
Dankie dat jy gekom het
Dankie dat jy bereid was om te kom uitvind
Of dit wat jy van My hoor die waarheid is

Sien liewe kind
Daar is nog altyd
Hierdie groot, oop uitnodiging
Wat op elke mensekind wag

Tot en met vandag
Lê en wag die uitnodiging vir jul
So min van julle wil dit opneem
Rerig kom kyk

Liewe kind
Smag jy nie om te weet
Of daar dieper
Meer is as waarvan jy weet?

Kan Ek jou aanmoedig
Liewe kind kom soek asseblief meer
Kom soek na My alles
Kom spoor dit na met jou hele hart

Daar is soveel meer sê Vader
Soveel meer
Julle het nog nie eers ‘n tikkie
Van My diepte betree

Kom soek meer sê Vader
Kom soek meer
Kom vertrou My met jou hele hart en lewe
Kom soek My soos wat jy soveel ander dinge in jou lewe naspoor

As jy My soek soos wat jy soveel ander dinge in jou lewe soek
Sal jou lewe nooit ooit weer dieselfde wees
Ek is LEWE in al sy oorvloed
Sê die Heer

Soek My
Soos wat jy soveel ander dinge in jou lewe soek
Gee my jou alles
Jou belangstelling, ywer en tyd

As jy bereid is om My te kom soek
Soos wat jy soveel ander dinge in jou lewe soek
Sal jy My vind
Dit is gewis

Liewe kind
Jy hoef nooit daaraan te twyfel
Soek My soos wat Ek jou soek
En jy SAL My vind

Prioriteit nommer 1
Dit is wie Ek in jou lewe wil wees
In My wysheid sal jy soveel waarhede vind
Ek sal nooit weer onder op jou rang-lysie wees

Ek wil nie onder op jou rangorde-lysie wees
Ek wil bo wees
Heelbo
Dit is al hoe jy alle goeie dinge sal vind

Julle werk so hard om dit wat julle besit te behou
Julle werk so hard vir dit wat Ek in My vrye hand van liefde
Vir julle wil gee
Julle werk so hard

Ek weet nie
Julle besef dit seker nie
Ek is die Een
Wat Ware Lewe gee

Prys My sê Vader
Prys My met jou hele hart, mond en lewe
Kom gee My jou alles
En jy sal vind en sien hoe Ek jou pad gelyk maak

Julle vertroue lê op soveel ander plekke
Dit lê nie rerig in My
Soveel versekering- en aftree-polisse
Ek wonder wanneer kry Ek My voet in die deur

Dit help nie jy het soveel mooi voorsorg
Vir jou oudag getref
Maar jy vertrou My nie vir wie Ek is
Wat help dit liewe kind?

Wat help dit
Jy het alles, besit alles
Maar jy weet nie
Van die vertroue waarvan Ek nou hier praat?

Gaan jou huisie nog staan
As jy alles verloor waaroor ons praat?
Gaan jou geloofshuisie nog bly staan?
Want liewe kind dis wat Ek bedoel

Dis baie maklik om te sê jy vertrou
Wanneer jy alles het
Hoe maklik bly dit
Wanneer jy niks meer rondom jou besit?

Ek wil hê julle moet julle vertroue op My bou sê Vader
Nie op wat julle het of besit
Liewe kind Ek wil julle leer om julle huis
Op die Ewige Rots – Jesus Christus – te bou

Hy sal julle leer
In Hom sal julle vind
Die antwoorde op al julle vrae
Die oplossings van elke probleem

Liewe kinders wees dankbaar
Wees dankbaar vir wat julle het
Dis genade
Dis nie julle eie goedheid nie sê die Heer

Ek vra dat julle My vertrou
Ek vra dat julle My toelaat om julle te leer
Die aarde en alles daarop sal vergaan
Net My Woord, My Woord, sal vir ewig staan.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

0 thoughts on “Geloofshuisie”

Leave a comment