Dankie dat ek U kan liefhê
Dankie dat U elke dag by my is
Dankie dat U verstaan meer as wat ek ooit kon
Dankie dat U voorwaar die Lewe self is
U is rerig so vêr-by-spesiaal-verby vir my
Ek wens ek kon die woorde vind
Om U almag, genade, liefde en rykdom
Ordentlik te verwoord
Vir U kan geen mens die regte woorde vind
U is onverwoordbaar goed
U is onverwoordbaar mooi
In U arms van liefde wil ek elke dag my skuiling vind
Dis U liefde wat alles in en om my mooi maak
Dis U liefde wat maak dat ek meer en meer wil glo
Dis U liefde wat maak dat ek met nuwe oë na mense rondom my kyk
Dis U liefde wat maak dat ek wil aanhou vashou en nooit weer wil laat gaan
Dis U liefde wat my hart nuwe hoop gee
Dis U liefde wat My vashou en beskerm
Dis U liefde wat maak dat ek weer die mooi in die lewe wil vind
Dis U liefde wat maak dat ek al die sleg in my lewe wil laat wegwaai
Dis U liefde Vader-God
Dis U liefde
Dankie Vader vir U liefde
Dit is waarlik die mooiste, onverwoordbaarste, kosbaarste skat vir my ooit
Dis U liefde wat my bo hou
Dis U liefde wat maak dat ek kan staan
Dis U liefde wat my weer die mooi rondom my laat sien
Dis U liefde wat maak dat ek nuwe waarde in die mense rondom my vind
Dis omdat U my leer en wys
Om te kyk na hulle soos wat U na hulle kyk
Ongeslypte diamante wat gaan blink
Sodra hulle U toelaat om aan hulle te begin slyp
Hoekom hardloop ons weg van die Een wat ons wil mooi maak?
Hoekom wil ons so graag in sonde bly?
Hoekom weier ons om die mooi in mense te sien?
Hoekom hou ons aan kyk na alles wat sleg is?
Daar is soveel dinge wat ons Hemelse Vader
Vir ons wil beter maak
Sê my liewe vriend
Gaan Hy die nodige belangstelling vind?
Ons Koning wag vandag
Soos al die dae voor dit
Vir kinders wat bereid is om te kom hoor wat Sy hart bly maak
Vir kinders wat bereid is om die waarheid te kom vind
Gaan Hy mense kry wat belangstel?
Is daar iemand wat Hom sal aanhoor?
Dis die probleem
Daar is te min wat ware wysheid wil vind
Soveel ‘plastiek’ om julle heen
Soveel aangeplakte goed sê die Heer
Liewe kind raak jy nie al moeg daarvoor
Wil jy nie vir ‘Egtheid’ kom vind?
Goed wat aangeplak is hou nie sê Vader
Wat help dit julle lyk mooi van buite
Maar dit wat binne is, is vrot?
Liewe kind is dit nie al tyd?
Wil jy nog nie vir ‘Ware Lewe’ kom vind?
Jesus wag vir jou
Wa-wyd arms hou Hy vir jou oop
Wanneer liewe kind gaan jy rus en vrede in die holte van Sy ewige omhelsing kom vind?
Hy wag vir jou
Hy wag vir jou
Hoe hoop Hy jy vind dit waarna jy so soek
Want Hy weet die antwoord is in Hom alleen te vind.
Amen
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!