Gunsteling-kind

Lentebloeisel van jou hart
My liefste kind
Dit is wie Ek, jou Pappa
Vir jou wil wees

Ja My liefste kind
Pappa vra asseblief
Laat My toe om te blom in jou hart
Heel-jaar-deur

Pappa se liefste kind
Die drome wat Ek in My hart
Vir elkeen van My kinders hou
Hulle is so groot, hulle is so mooi

Pappa sê My liefste kinders
Dis al so lank wat Ek nooi
Dis al so lank wat Ek vra
Wanneer My kind gaan jy sê ja

Ja Pappa se kinders
My kinders
Kinders van My hart
Kom asseblief nader aan dit vir julle voorberei

Diep My liefste kinders
Diep is waar My begeertes
En drome vir julle lê
Gaan julle begin vra daarna

Kinders
Dieper
My kinders Pappa nooi julle
Kom dieper

Dis so gereeld
Dis so baie kere sê Pappa
Wat Ek julle vra om My hand te vat
Saam met My te kom loop

Hoekom My liefste kinders
Seun, dogter van My hart
Vra Pappa-God
Stop julle so gereeld by die kruis

Ja My liefste kinders
Pappa vra
Hoekom
Ek wil so graag weet

My liefste kinders
Daar is soveel meer
Julle moenie dan ophou soek
Die pad begin dan eers

Pappa se kinders
Dit is nie al wat daar is
Meer My liefste kinders
Daar is meer!

Begin asseblief glo
Sê Pappa-God
Dat dit wat Ek vir 1 kind doen
Ek ook vir ‘n ander kind van My sal doen

Ja sê Pappa-God
Geliefdes van My hart
Ek het geen gunsteling
Al wil almal partykeer graag so dink

Nee sê Pappa-God
Geliefd is julle almal in My hart
Ek het geen gunsteling
Elkeen van julle is My gunsteling

Pappa sê Ek het soveel drome
In My kinders se harte geplaas
Ja sê Pappa-God julle weet daarvan
Julle dink dit is net te groot

Ja sê Pappa-God
Ek is daai groot drome in julle hart
In elkeen van My kinders
Is daar drome baie groot

Ja sê Pappa-God
Julle dink so gereeld
Met my is dit nie moontlik
Nee dit gaan nie ooit gebeur

Pappa se kinders asseblief
Julle moet begin dink aan daardie drome
Begin dink daaraan
Dat dit saam met God wel moontlik is

Ja sê Pappa-God
Sien
Julle is gemaak vir meer
Soveel meer

Ja sê Pappa-God
Die gemaksugtigheid van die vlees is altyd daar
Maar My liefste kinders
Julle moet hom op sy sitvlak uitskop by die deur

Ja sê Pappa-God
Help hom met groot ywer uit by die deur
Ja sê Pappa-God
Die luiheid van Meneer Vlees

Pappa se kinders asseblief
Luister vir My
Julle God
Die Ewige Koning van hemel en aarde

Ek wil julle vra My kinders
Kom dieper
Kom vra na meer
Moenie vir die average instem

Ja sê Abba-Vader
Soveel van My kinders
Wat dit bly doen
Meeste mense op planeet aarde

My liefste-liefste kinders
Elkeen van julle se lewens
Kan soveel impak hê op aarde
Julle moet net begin ja sê daaroor

Ja My liefste kinders
Pappa vra weer
Kom asseblief nader aan My hart
Kom vra vir meer

Amen.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment