Lesse van Goud

U het my kom haal!
My hart is so bly
Ek wil gil
Ek wil juig

Ek is so bly
Ek is nie meer daar nie
Ek is so bly
U het my kom haal

Dankie Vader-God
So baie dankie
Die lesse wat U leer
Hulle is pure goud sowaar

In die storm
Is dit nooit lekker nie
Wanneer hy verby getrek het
Kan ons sê Here, vergewe my

Niks gebeur ooit verniet nie
Maak nie saak of die vyand wou steel nie
Alles vat U, draai dit
En maak dit goed

Vir my was dit ook so
My hart was leeggetap
Tog het U verstaan
My hand kom vat en my gelei

U lesse is goud
Hoe verbly hulle my hart
Elke keer besef ek net weer
U is so te vertrou liewe Heer!

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment