Die Een wat ewig is
Dit is Jesus se Naam
Ken jy Hom
Het jy Hom al na binne genooi?
Soveel vreugde het Hy
In my hart kom saai
Dis soos blommetjies
Wat blom oral-oor
Ons God se genade is so groot
As dit nie daarvoor was
Weet ek nie
Waar ek nou sou wees
Ek eer ons Vader
Vir Sy liefde trou
Sy blye boodskap
Mag die hele wêreld dit hoor
Maak die deure na julle harte oop
Nooi ons Vader na binne
Geen fout sal ‘n mens ooit maak
Wanneer jy dit doen
Ek wil jou nader nooi
Vriend, vriendin
Kom vind die Een
Waarvan ek hier praat
Nooit sal jy sê
Spyt jy is te laat
Want jy het gevind
En jou hart sal dit weet
Kom dan nou
Vriend en vriendin
Kind van God
Dit is wie ons Vader jou wil noem
Lank genoeg het jy gesoek na niks
Na dit wat nie veel vreugde bring
Nee asseblief moet dit nie meer doen
Ons God wag vir jou
Vriend, vriendin
Sal jy dit vandag doen
Jesus in jou hart innooi en sê
Wees asseblief my Heer en Vriend
Beste besluit
Het jy sopas gemaak
Kom binne kind van God
Jou hemelse huis wag vir jou
Amen.