Kom in! Kom in! Kom in!
Die bloed van Jesus maak ewig vry!
Dit maak oop blinde oë
Dit is hierdie wêreld se enigste HOOP!
Maak oop jul oë
Maak oop jul oë
Hy vra so mooi
Tog wil niemand hoor
Het julle geweet
Hy is julle enigste Hoop
Sonder Hom
Is julle reguit oppad na die dood!
Gee oor! Gee oor!
Maak oop julle gehoor
Julle wil nie hoor
Dit gaan julle jul lewens kos
Hoekom wil julle nie hoor?
Hoekom kom julle nie en gee oor?
Dit help nie jy weet kamstig alles
Maar die stryd om jou siel gaan jy verloor
Wat help dit jy het alles
Maar jou siel gee jy oor aan die Ewige Dood?
Dis tyd om te hoor sê die Here
Tyd om te hoor
Vir te lank
Maak jy ‘n speletjie
Van dit
Wat jou die Ewige Lewe kos!
Gaan dit die moeite werd wees
Vra die Here
Kind glo My
Jy wil nie daar wees
Waar ewige trane heers
Pyne van vrees
Dood jou enigste anker
Alle hoop vir altyd verloor
Glo My jy wil nie daar wees
Ewige Dood
Sonder My, Lewe
En Ewige Hoop
Gee oor, gee oor
Maak seker jy verloor nie jou siel
Jy dink jy het gewen
Tog staan Ewige Dood en klop aan jou deur?
Wees slim!
Wees wys! vra Hy
Wat help dit jy win die wêreld
Maar die hiernamaals het jy verloor?
Maak seker jy kies reg
Die Ewigheid is vir Altyd
Ewige Hoop
Of Ewige Dood
Die keuse is joune
Liewe kind kies reg
Ek staan by jou hartsdeur
Tog maak Ek hom nie oop
Daardie voorreg is joune
Oopdwing sal Ek nooit
Vrye keuse is JOUNE
Ja selfs al kies jy die pad reguit na die dood
Sou My trane help?
Sou dit jou anders kon oortuig?
Selfs My trane kan jou nie red
Maak nie saak hoe graag Ek dit kon wens
Die keuse bly JOUNE
Kind … Altyd
Maak seker jy laai nie op jou skouers
‘n Las wat nie daar hoef te wees
So graag wil die duiwel hê jy moet dink
Jy kan jouself uit hierdie penarie red
Tog wil hy jou nie vertel
Ek het alreeds gekom om jou te red!
Sit jou Hoop in die Kruis van Jesus
Daarin is Ewige Hoop
Sonder die stryd wat jy elke dag stry
Die stryd wat jy elke dag verloor
Jy probeer tog so hard om bo te bly
My te beindruk met jou werke
Beter te voel oor jouself
Dan te dink … Nou staan ek ‘n kans!
Liewe kind dit beindruk My glad nie
Dit sê eintlik net jy sit jou krag in jouself
Dit lê nie in die kruis nie
So gaan jy net aanhou verloor
As jy net wou sien
Ek het gekom vir jou
Sodat ons saam hierdie stryd kon aandurf
Het jy geweet Ek het alklaar gewen?
Sit jou hoop in My
Sit dit in die kruis
Jy gaan net bly staan
As dit My Gees is wat in jou woon
Bonatuurlike krag van Bo
Alles wat jy nie in jouself kan doen nie
Sal Hy jou instaat stel om te doen
As jy net aanhou om jou oë op My te hou
Jou vertroue moet in My lê
Nie in die dinge van hierdie wêreld nie
Dit gaan als verby
Net Ek en My Koninkryk sal vir ewig bly
Hou op om op jouself te steun
Steun op My vra Hy
Dis hoekom Ek gekom het
Want Ons het geweet dit is nie moontlik sonder My
Nooit sal jy jouself kan red
Op die aardbodem dalk ja
Ons praat van ‘n ander stryd
Een wat elke mens verloor
Net saam met My
Staan jy kans om hierdie een te wen
In My moet jy glo
My liefde vir jou aanneem, dit jou eie maak
Die wêreld kan nie wegvat
Dit wat Ek in My hart voel vir jou
Ek wens net jy wou kom
En ophou om die duiwel te glo
As jy My net wou glo
Soos wat jy hom glo
Die Vader van die leuen
Bo Hom in Wie WAARHEID ewig woon
Hoe kan dit wees liewe kind?
Ek is Genade, hy is genadeloos
Ek is Liefde
Vir jou voel hy nie ‘n veer
Tog hou jy aan om hom te glo?
Logies maak dit net geen sin
Aanhoudend hou jy aan om jouself aan sy kant te skaar
Hoekom wil jy net nie glo … EK IS LIEF VIR JOU
Ek wil hê jy moet vir ewig saam met My woon
In My huis, ‘n ware paleis
Saam met prinse en prinsesse
Ook wit-gewas deur die bloed van My Seun
In Hom is jy wit
In Hom is jy skoon
Vergewe van al jou sonde
Gereed om hier en nou vir My koninkryk te leef!
In My koninkryk streef ons
Na als wat goed en reg is
Vergifnis, reinheid van harte
Skoonheid van hande sonder enige bedrog
In en deur jou
Wil Ek My koninkryk so graag bou
Ek wil nog baie meer siele red
Sê My liewe kind … Is jy bereid?
Om meer te word soos Ek
My lief te hê met alles binne jou
Dis al wat nodig is sê Hy
Ek heelbo aan jou lys, nou tot aan die end.