Tydlose boodskap

Liewe kinders moenie luister na als
Wat die vyand julle voorhou nie
Dis leuens sê Hy
Het julle geweet Hy is die Vader daarvan?

Dit wat hy vertel eet julle soos soetkoek
Tye het verander
Pas aan sê hy
Julle glo sy elke woord

Liewe kinders dit maak nie saak
Wat die televisie verkondig nie
Dit maak nie saak wat die wêreld sê nie
Ek verander nooit!

Skinder en sleg-praat
Dit is nie van My
Liewe kind jy wat in ‘n paleis woon
Vir My is jy net so kosbaar soos die een op die straat

Haal af die pretensie
Haal af die voorgee
Vergeet van in-wees
Liewe kind weet dit Ek kom weer!

Hoe gaan Ek jou vind?
Is jy gereed vir My koms?
My kind maak seker
Want vir uitstel is daar net nie meer tyd

In my hart moet ek weet
Is ek reg?
Kan die Vader sê
My kind wag vir My

Liewe kind jy moet weet
Jou saak is reg met My
Ek wil hê jy moet weet
Jy kan sê Hy

Vertrou My vir die regte pad
Ek sal jou lei
Totale oorgawe
Dis al wat Ek vra

Liewe kind
Gees, siel en liggaam
Moet jy aan My behoort
Jou alles moet Myne wees sê Hy

Moet dan nie terughou nie
Liewe kind
Dit wat Ek wil gee
Wag als voor jou deur

Oorgee aan My
Is so die moeite werd
Vertrou My
Begin die pad vandag sê Hy.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

0 thoughts on “Tydlose boodskap”

Leave a comment