Ewige tuiste

Vertrou My sê die Heer
Moenie opgee nie
Hulle wat glo in My
Nooit sal hulle beskaamd staan nie

Ek weet wat Ek vra
Glo in My
Glo ook in My Vader
Sê Hy
 
In die huis van My Vader
Is daar baie wonings sê Hy
Ek het gegaan om vir julle plek te berei
Wanneer Ek klaar is kom Ek weer
 
Die wie reg is
Sal saam met My gaan
Na hulle Ewige Tuiste
Rus en Vrede, vir altyd by My
 
Moet dan nooit opgee nie
Liewe kind
Weet dit, Ek bestaan
My Woord is waar
 
Ek sal terugkom
Sowaar as wat Ek leef
Glo My
EK IS sê Hy.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment