Spoor na
Die diepte in My hart
Liefste kinders spoor na
Die diepte in My hart
Daar is soveel meer
Wat Ek julle wil gee
Soveel meer wat Ek julle wil leer
Maar julle gaan moet vra daarna
Julle gaan bereid moet wees
Om plek te maak daarvoor
Julle gaan bereid moet wees
Om te vra daarna
Sal julle liefste kinders
Vra na meer
Sal julle My vra
Abba ek soek na alles in U hart
Abba-kind, liefste kind
Ek wil jou leer
Ek wil jou wys
Wat is van My, wat is nie
Elke tree wat jy gee
Sal Ek by jou wees
Om jou te leer
Om aan jou te gee
Liefste kinders asseblief
Moenie dink jy weet alreeds alles nie
Hoe kan dit wees?
Liefste kinders daar is altyd meer!
Vra daarna sê Abba-God
Wees bereid om julle weë neer te lê
Nie alles wat julle glo is waar
Asseblief laat My toe om julle te leer
Liefste kinders
Ek het julle gemaak
Om My hartklop te hoor
Dis al wat Ek wil hê moet gebeur
Asseblief kom in sync met My
Laat My weë toe
Om joune te vind
En weet Ek weet van meer
Ek weet van alles
Wat in julle harte lê
Liefste kinders
Ek weet van alles en meer
Het julle geweet
Ek weet van alles?
Die donker in jou
Die Lig en Lewe in My
Liefste kinders
Ek nooi julle om te kom
Ek nooi julle om te vind
Asseblief luister vir My
Daar is nog
Baie meer te vind
Daar is altyd meer
So sal dit altyd wees
Moet dan nie opgee nie
Kom leer van My
Meer en meer
Elke keer wat jy die Woord oopmaak
Ek sal met jou praat
Ek sal vir jou wys
Glo My Abba se kind
Ek sal altyd met jou wees
Stukkie vir stukkie
Sal Ek nog meer waarheid
Vir jou oopbreek
Liefste kind vra dan net daarna
Liefste kind
Moet asseblief nie ooit
Op ‘n plek van gemak
In jou verhouding met My kom
‘n Plek waar jy
Nie meer glo
Dat Ek jou
Iets nuuts kan leer
Liefste kinders
Daar is altyd meer
Altyd-altyd is daar meer
Kom vra daarna
Liefde is wat Ek
In My hart vir julle voel
Liefde liefste kinders
Wat julle so graag meer van My wil leer
Sal julle vra daarna
Asseblief liefste kinders
Vra daarna
Ek wil julle so graag meer gee
Kom vind uit
Liewe wêreld
Kom vind uit
Wie Ek rerig is
Vir soveel jare
Is julle so verkeerd oor My
Julle wil nooit kom nie
Julle wil nooit reg glo
Hoekom is dit so
Wil Abba-Vader weet
Hoekom glo julle altyd
Alles wat nie is van My
Liefste kinders, liefste wêreld
Ek nooi julle
Om skoon lewens te leef
Lewens rerig oorgegee aan My
Meer en meer
Liefste kinders
Meer en meer wil Ek julle gee
Asseblief kom vra daarna
Liefste kinders
Dit sal vat dat julle
Die ou weë neerlê
En Myne begin optel
Die weê van hierdie wêreld
Die weë van My hart
Dit is so nie
Dieselfde pad
Kom volg na My weë
Liefste kinders
Laat staan julle verkeerde weë
Laat staan julle verkeerde glo
Kom na My liefste wêreld
Kom na My en gee waarlik oor
Tot vandag word mense nog verlei
Om ander dinge van My te glo
Liefste kinders
Dit is nie waar
Ek wil hê julle moet ophou
Om dit te glo
My weë is Lewe
Liefste kinders
My weë is mooi
Hulle is skoon
Ek nooi ALMAL
Om daarop te kom loop
Dis die wonder van die Evangelie
Die deur staan vir almal oop
Kom lê dan neer
Julle weë
Hoe julle glo
Hoe julle dinge sien
Tel op Myne
Asseblief liefste kinders
Begin dit glo
Begin dit hoor
My weë liefste kinders
My weë is beter as julle s’n
Hou dan vas liefste kinders
En moet vir geen oomblik laat gaan
Ek weet waarmee Ek besig is
Asseblief vertrou My hart
Julle gaan nog dankie sê
Julle gaan nog so bly wees
Hou aan, hou vas
Liefste kinders
En moenie ooit laat gaan
Sê Abba-Vader
Julle gaan nog so bly wees
Julle gaan nog so bly wees
Julle het oorgegee
Aan My
Ek weet waarmee Ek besig is
Sê Vader
Ek weet
So hou net aan oorgee aan My
U is Lewe en Oorvloed Abba
En ons sê dankie daarvoor
Dankie dat U ons elke tree leer en lei
Ons wil Abba ten volle oorgee aan U, U hart vertrou
U is LEWE
U is GOD
Ons sê dankie Abba
Ons sê baie dankie daarvoor
Amen.
Pragtig
Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!
Baie dankie liefste Babsie, Vader se rykste seën vir jou & Jesus-liefde!
#DankieVader