Skaam se moses

Hoekom is jy skaam vir My
Vra die Heer
Hoekom wil jy nie hê die wêreld moet weet
Ek is jou Koning, Redder, Heer en Vriend?

Hoekom, hoekom is jy skaam vir My liewe kind?
Hoe wens Ek dit was nie gewees
Dis asof jy wens daar was nie
‘n Liggie in jou hart gewees?

Hoekom kry jy skaam vir My?
Liewe kind dalk besef jy nie
Die wêreld smag na dit
Wat jy sê in jou binneste leef

Liewe kind Ek wil jou grond-gebied vergroot
Ek wil nog meer verlore siele jou padlangs stuur
Kan Ek jou vertrou liewe kind
Kan Ek jou vertrou met die werk van jou Heer en Vriend?

Sien liewe kind die saak staan so
Die wêreld begeer om te hê
Wat in jou binneste woon
Tog sal hulle dit nooit sê

Liewe kinders moenie maak
Dat die kommentaar en opinies van hierdie wêreld
Aan julle raak of julle
In die verkeerde rigting stuur

Liewe kinders asseblief
Julle is gemaak om uit te staan
Anders te wees
As die res van die wêreld om julle heen

Moenie skaam wees vir dit
Waartoe Ek julle geroep het nie vra Vader
Julle is gemaak om anders te wees
Om uit te staan vir My en My Koninkryk

Sê My liewe kind
Kan ‘n stad bo-op ‘n berg weggesteek word?
Nooit as te nimmer nie sê Hy
Hoeveel te meer jy

Liewe kind Ek wil hê jy moet uitstaan
Ek wil hê jy moet anders wees
Ek wil hê jy moet anders praat, dink, doen en redeneer
En liewe kind Ek wil hê jy moet trots wees daarop

Moenie aan hierdie wêreld gelykvormig word nie
Vra Vader
Word verander deur die manier waarop julle dink
Die manier hoe julle optree

Liewe kinders Ek wil nie hê julle moet skaam wees
Om soos ‘n kind van God te leef
Liewe kind julle is geroep vir koningskap
Om waarlik EEN met My te wees

Hoekom probeer julle so hard
Om deel van hierdie aardse koninkryk te wees?
Om soos hulle te praat
Om ‘in’ te wees

Liewe kind verstaan jy nie
Jy is alreeds ‘in’
By die beste koninkryk in die hele wye wêreld
Die enigste een wat vir altyd gaan bly staan

Ek wil hê julle moet waarlik Myne wees
Vra Vader
Ek wil hê julle moet gees, siel en liggaam
Aan My behoort

Liewe kind is jy bereid om te kom
Waarlik oor te gee?
Want jy moet weet liewe kind
Saam met My gaan jy altyd uitstaan

Ons gaan stroom-op
Terwyl al die ander stroom-af
Dit is hoe dit is liewe kind
Ek en hierdie wêreld gaan nooit maats wees

Ek wil hê jy moet kom liewe kind
Oorgee uit jou hart
Sal jy asseblief vir eens en altyd besluit
Wie is dit wat jy wil dien?

Liewe kind jy moet kies
En jy moet weet
Asseblief kom besluit
Om My met jou als te dien

Sien liewe kind
Nooit gaan jy in My volheid wandel
As jy aanhou om My halfhartig te wil dien
Wat help dit liewe kind? Nooit gaan jy My volheid ervaar

Liewe kind asseblief kom
Asseblief kom en reken op wat Ek jou vra
‘n Ewigheid saam met My deur die Lewe nou geleef
Die bloed van My Seun baan die weg

Of wil jy vandag staan
Terugkyk op jou lewenspad
Erken jy het verkeerd gegaan
En ‘n vurige lewe vir My begin leef?

Liewe kind asseblief moenie skaam wees
Om My Naam te bely
As Ek goed is, sê so
As Ek die Hoop is waaraan jy vashou, getuig daarvan

Sien liewe kind, sien
Die wêreld SMAG na wat jy het
Die antwoord lê in jou
Tog weier jy om dit – MY – uit te deel

Liewe kind hoe, hoe gaan ons
Vir meer mense vertel
Hoe gaan ons meer harte aanraak
As jy weier om dit uit te deel?

Hoe liewe kind?
So graag wil Ek hê die Lig in jou moet groei
Versprei, uitspil na die mense
Wêreld rondom jou

Liewe kind asseblief
Ek vra jou is jy bereid om die Lig in jou te deel?
Is jy bereid om die antwoord
Vir hulle te gee?

Liewe kind dit is Ek
In al My volheid
In al My glorie
Dit is Ek

Liewe kind hierdie wêreld het nodig om te weet
Ek is die Enigste Antwoord
Daar is geen ander wat hul kan red
Ek is die Enigste Een

Ek vra jou liewe kind
Ek vra is jy bereid om die Lig in jou te deel?
Is jy bereid om dit uit te deel?
Aan ‘n gebroke, stukkende wêreld wat dit so bitter-baie nodig het

Hulle sien dit deur jul woorde en dade
Hulle sien dit deur julle wat waarlik omgee
Sal jy liewe kind, sal jy?
Sal jy My aan ‘n honger, dorstige wêreld uitdeel?

Hulle verlang liewe kind
Hulle verlang na die HOOP wat in jou leef
Sal jy liewe kind?
Sal jy My aan hierdie wêreld uitdeel?

Hulle het so nodig om te hoor
Hulle het so nodig om te weet
Dankie, dankie liewe kind
Dat jy bereid is om My met hulle te deel.

ANKER VAN HOOP | INTIMITEIT MET GOD

Hallo daar! 👋

Wil jy graag 'n gids met 10 sleutels wat jou gaan help om te blom in verhouding met God ontvang? Sluit dan vandag aan by ons E-pos Lys. Ons beloof e-posse wat jou inspireer en toerus!

Ons stuur nie rommelpos nie! Jy kan
enige tyd jou subskripsie kanselleer.

VOLG ONS VIR MEER

INSPIRERENDE BLOGS EN GROEI SAAM MET GOD

Ons stuur nie rommelpos nie, jy kan jou subskripsie enige tyd kanselleer.

Leave a comment